#JouAfrikaanstel – ons nuwe veldtog is hier!
Afrikaans.com is baie opgewonde oor ons nuutste digitale veldtog vir Afrikaans!
Ons almal het dit al gehoor: My taal is te plat, my taal is te rond, my taal is te anders. Deur hierdie veldtog vang ons dié spesifieke stereotipes van Afrikaans vas, verander ons die manier waarop mense na die taal kyk en vestig ons die boodskap: JOU AFRIKAANS TEL!
Elke Afrikaansprater kan ’n bydrae maak tot die groei, ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans en met hierdie veldtog het ons drie unieke tonele verfilm wat die volgende beginsels uitlig:
- Moet nooit jou taal prysgee nie.
- Afrikaans strek oor globale grense.
- Die verskeidenheid in Afrikaans moet gevier word.
Ons het ‘n humoristiese aanslag gevolg met die meerderheid van die tonele, terwyl ons onderliggend ‘n ernstige boodskap wil laat posvat.
Ons is opgewonde oor die impak van hierdie veldtog en vertrou dat elkeen vir wie Afrikaans waarde het, interaktief met die video’s op al ons digitale platforms sal omgaan.
Afrikaans.com
As ’n Afrikaanse aanlyn platform wat daarop gemik is om die diversiteit en skoonheid van Afrikaans te vier en te verken, skep hierdie veldtog die perfekte geleentheid om dit te doen .
Dit is ook ’n platform vir JOU om jou storie met ons te deel.
Hou weekliks ons webtuiste en sosialemedia-blaaie dop vir alles en meer oor die veldtog.
Ons hoop dat hierdie veldtog jou sal inspireer en sal uitdaag om jou taal te laat geld en te wys hoe wyd Afrikaans oor grense strek.
Het jy al iets soortgelyk ervaar? Gebruik die hutsmerk #jouafrikaanstel en word deel van die gesprek.

Charné Kingwill & Gerald Steyn speel die paartjie in “Die eerste ontmoeting.”

Die Afrikaans.com-span saam met die akteurs.
Koop dit, leef dit, praat dit, lees dit!
My Afrikaans tel … Joune ook!
“Die eerste ontmoeting”
“Buitelandse vakansie”
“Stereotipes”
Baie dankie vir die volgende instansies se bydrae tot die veldtog:
Dankie vir elke persoon wat sy / haar Afrikaans laat tel het deur aan hierdie veldtog deel te neem.