
Die koerantbylaag By, Leserskring en RSG het saamgespan om die gewildste gedigte in Afrikaans deur die publiek te laat kies – en die 100 gewildste gedigte uit die sowat 1 300 gedigte is benoem!
LitNET huisves nou hierdie lys en jy kan gratis gaan lees, vir jou gunsteling stem en so help om hierdie 100 gedigte in klank te verewig.
Dit is maklik! Skep klankopnames van jou gunstelinggedigte, luister na die opnames van die gedigte en stem vir jou gunstelingopnames en vir jou gunstelinggedigte. Al die klankopnames word hier bewaar sodat jy voortaan gratis kan luister.
DJ Opperman sou vanjaar 105 jaar oud geword het. Hy was ook een van die min digters van wie ses gedigte onder die honderd gewildste gedigte gekies is.

Uit: Kaapse Draaie: Namakwaland
Op die groot saaidag van die heelal
het reeds ’n entjie duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
’n sakkie van die Heer se beste
saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.
DJ Opperman (1914 – 1985)
Lees meer oor DJ Opperman hier.
Die boek word uitgegee deur Human en Rossouw Uitgewers teen R240, kyk hier.