“‘n Character study van kinnes in die war zone vannie Cape Flats. Maa oek veel meer. Baie, baie funny en intensely moving” – Nathan Trantraal
Chase Rhys se boek Kinnes het pas die rakke getref. Die storie handel oor vier jong mense op die Kaapse Vlakte wat op die rand van volwassenheid staan. Chase (29) woon in Ocean View, Kaapstad en het in 2010 sy graad in Theatre and Performance aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Benewens sy skryfwerk, is hy ook ’n stigterslid van Borderlands. Borderlands is ’n gemeenskapsprojek wat kuns gebruik om letterlike en figuurlike grense tussen gemeenskappe te oorbrug. Rhys is ook die eerste wenner van die Adam en Rosalie Small-prys vir debuutskrywers.
“Skryf is die gift wat ek gekry et, dit kô natuurlik. Van kleins af dra ek altyd ’n boek en pen op my. My hele lewe ontwikkel ek my skryfstyl in private. Ek het nieman toegelaat ommit te lees nie, wan ek het gewiet ek moes eers myself vind voordat ek iets kan offer, anneste maak ek net geraas. Nou wiet ek wie ek is en die werk is uit in die wêreld om te doen wat dit moet doen.” – Chase Rhys
Lees Mercy Kannemeyer se onderhoud met hom op LitNET.
Lees ‘n uittreksel uit Kinnes hier:


Foto’s: Retha Ferguson
1
ANWAAR
Anwaar Peter Brandt exist nie meerie. Nous ek net Ahnie Brandt. Dais hoe ammel my ken, Ahnie Brandt from the movies. Ek was mos in dai film – GangStar. Wanne jy jouself oppie big screen sien, en jy’s soe groot, ek praat van metres lank, dan kan jy nie help but om soes ’n god te voelie. “Featured extra”, papa. Dai mean ek het meer screen time dannie anne manne gehet. Ek was innie fight scene plus daa was drie close-ups van my gesig. But ’n man is humble because why being famous het sy downsides oek, sienie man. Ek mean maa, kyk vi my, ammel ken my, ek kan nou nêrens gannie.
En lat ek gou net een ding clear maak, ek hettie daavoo gan soekie, alles het na my toe gekô. Die ding het soe begin: It was ’n gewone Vrydagaan, ek ennie Butcher Boys het in ôsse karre innie skiem rondgeskarrel. Daas tog niks annes in Jurassic Park vir ’n man om te doenie, daasie nog bars of pubs ie, soe jy moet maa in jou kar afkoel.
But ôs issie Butcher Boys en ôs stiek yt met ’n style; drie karre, lime-green in colour. Ek het dai colour gechoose because ek wil gehêrit as ôs agte mekaa ry, dan moet ôs soes ’n boemslang lyk, dais mos ’n mooi dier dai. Okay, die karre het ’n bietjie vedala gelyk, dents en what-what, but dais because ôs was eeste spinners. Ôs het innie pad gepop. Ôsse mense likes mos ’n show, soe hulle het bos angegan as ôs innie pad ytstiek met ôsse karre en woelagge sound systems.
Lees meer by Klyntji.com
*Kinnes word uitgegee deur Kwela. Kry dit hier.
Lees die resensie deur Mercy Kannemeyer hier.

Foto’s: Retha Ferguson