Wian Visser, skitter voor klavier by Rocco-konsert
Afrikaans.com se #droomgroot-kompetisie-wenner, Wian Visser, het uiteindelik die voorreg gehad om die verhoog te deel met die bekende pianis Rocco de Villiers! As deel van sy prys, is Wian ook verras met ’n splinternuwe klawerbord, geborg deur Musica Instruments en Kawai South Africa. Die prys is tydens die geleentheid oorhandig deur Pieter van den Berg van Musica.
Klerekas.com was die trotse borg van Wian se flambojante uitrusting vir die aand. Wian het tydens die vertoning een van Rocco se heel eerste liedjies, “Kla-1, Kla-2, Kla-3 Kla-4” gespeel sowel as die keurspel wat hy as inskrywing vir die kompetisie gestuur het. (Kyk volgende week uit vir die video van die vertoning.)
Rocco het ook die nuus gedeel dat Wian later vanjaar te sien sal wees by die KKNK, waar hy weer die geleentheid gaan kry om saam met Rocco te speel.