’n Kleurvolle woordeboek vol pret

’n Woordeboek soos die is net die ding om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Die boek, 1000 nuttige woorde, is nommerpas vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer. Onderwerpe wissel van wilde diere, beroepe tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Elke bladsy is propvol interessanthede en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede sommer vroeg-vroeg.
’n Opvoedkundige konsultant het gehelp met die saamstel van die boek wat deur Dorling Kindersley uitgegee is. An-Mari Fouché het die woordeboek in Afrikaans vertaal.
Kyk gerus by www.graffitibooks.co.za of www.loot.co.za om aanlyn te bestel.