’n Naslaangids vir elke huis … in Afrikaans.

Afrikaans.com beveel graag Isabel Uys se hulpgids, Die Nuwe Afrikaanse Makrogids, aan – sekerlik een van die nuttigste leergidse ooit. Die eerste uitgawe van die topverkoper het reeds in 1998 verskyn, maar nou is die boek bygewerk en boonop in e-boekformaat beskikbaar.
Wat kry jy in die omvattende bron?
Dit is nie ’n gewone taalgids nie, maar ook ’n naslaanwerk en veral nuttig vir huiswerk of eksamenvoorbereiding. Daar is taalreëls, naslaanlyste en inligting om jou algemene kennis te verbeter. Die boek is nie bedoel vir taalkundiges nie, maar is gemik op leerders, ouers, studente, skrywers – sommer almal wat lief is vir Afrikaans en wat korrekte taalgebruik en punktuasie wil aanleer, of wat inligting nodig het.
Die gids bestaan uit twee dele en daar is ook heelwat kleurprente wat dit nog meer gebruikersvriendelik maak. Die eerste deel bevat die alfabet, syfers, Romeinse syfers, sinonieme, antonieme, verkleinwoorde, meervoude, idiome, voorsetsels, afkortings, trappe van vergelyking, versamelname, dieregeluide, voorsetsels, woordsoorte, direkte en indirekte rede, skryftekens, leestekens, woordverdeling en so meer. Die tweede deel bevat nuttige algemene kennis, bv. presidente van belangrike lande, hoofstede, vastelande, omrekeningstabelle, nuwe inligting oor planete en so meer.
Gaan kyk gerus op Amazon vir die e-boek of Gumtree om die boek te bestel. Die boek is nou ook direk (teen R120) in pdf-formaat van die skrywer af beskikbaar. Klik hier vir haar e-pos.
*Lees meer oor die skrywer en ander nuttige gidse hier