
Die Afrikaansdotkommers is gaande oor Vannie Kaap – ’n webtuiste en -winkel wat Kaapse Afrikaans praat, die taal en kultuur vier en op ’n humoristiese manier hierdie unieke groep mense se Suid-Afrikaanse EN Afrikaanse identiteit verken en ander daaroor inlig. Hulle doen dit deur interessante artikels, video-onderhoude, belangrike datums op die kalender en natuurlik tong-in-die-kies produkte met kwinkslae en allerlei lekker woorde wat jy veral in die Kaap hoor. Vannie Kaap se sonnige, kraakvarsaanslag, trek aandag oraloor.
Kyk hier …
Van waar?
Vannie Kaap se sukses kan toegeskryf word aan sy stigter – iemand wat die kultuur verstaan omdat dit deel was van sy grootwordjare in Manenberg op die Kaapse Vlakte.
Die man agter die handelsmerk Vannie Kaap verkies om anoniem te bly, want hy is glo “vrek skaam” en skuld dalk nog vir Edgars geld! Sy doelwit is om die bruin mense en die groot rol wat hulle in die geskiedenis gespeel het, in die kollig te plaas.
Hy vertel verder dat die konsep vir Vannie Kaap ontstaan het uit sy tydverdryf om mêmes te skryf in Afrikaaps – sy grootwordtaal en die taal wat deur die slawe aan die Kaap gepraat is, die oorspronklike Afrikaans. Hy het besluit om Afrikaaps deur mêmes, artikels en produkte met die wêreld te deel – die geskiedenis, pyn, vreugde, lawwigheid maar veral die uniekheid.
Hy skets ’n prentjie van moeilike kinderjare, maar dit het hom nie daarvan weerhou om ’n sukses van sy lewe te maak nie. Met die koms van YouTube het hy die geleentheid raakgesien en homself touwys gemaak in die ontwerp van webtuistes en grafiese kuns. Hierdie nuwe vaardighede het dan uiteindelik ook vir hom deure oopgemaak.



En toe kom Facebook in 2015 …
Die Vannie Kaap-blad het meer as 300 000 volgelinge – met ’n gemiddeld van 5 000 volgelinge wat weekliks bykom. Hul Instagram, e-poslys en blog groei ook met rasse skrede. Vannie Kaap se stigter sê hy is oorweldig deur die geweldige ondersteuning.
Dalk beskryf hierdie même op hul facebookblad dit die beste: “Yesterday I really wanted Breyani. Today I am eating Breyani. Follow your dreams.”
En sommer net nog iets om oor te glimlag: “Imagine you pray that all fakeness will be removed from your life en soema net soe, all your facebook posts disappear.”
Bron: Lees ook die artikel wat in die Cape Argus verskyn het.
Besoek die Vannie Kaap-webtuiste. Klik hier
Volg hulle op www.twitter.com/_vanniekaap Instagram: www.instagram.com/vannie.kaap en Facebook.
Jy kan ook nog video’s kyk op hul YouTube-kanaal.