Wenke rakende die behoud van Afrikaans – wat om te doen?
Hou aan om Afrikaans te gebruik waar dit kan. Lewe jou volle menswees in Afrikaans uit. Jy kan baie met en in Afrikaans doen. Maak Afrikaans ʼn leefwyse: “Gesels in Afrikaans, kuier in Afrikaans, sing in Afrikaans, bid in Afrikaans en vry in Afrikaans” aldus R. Swart (2017: 13). Wees eerder ʼn ambassadeur vir Afrikaans as ʼn stok…