Die Du Plessis-kinders, Franja en Ruan Josh, deel hul ouers Juanita en Doepie se talente en hulle kerf behoorlik kepe in die Afrikaanse musiekbedryf. Franja se eerste album, My Verhaal, is in 2016 uitgereik en sy stap toe met twee Ghoema-toekennings weg. Ruan Josh se eerste album sien in 2017 die lig en Eggo ontvang groot lof van resensente.
Beide het diep spore om te volg, maar deins geensins terug nie. Albei is uit eie reg besig om gehore te betower.



Ruan het bemarkingsbestuur studeer en terwyl hy sy sangloopbaan bou bestuur hy ook sy ouers se platemaatskappy en Wow-musiekverspreiders. Franja het musiekteorie en -vervaardiging studeer en sy is ook betrokke by die platemaatskappy.
Vir die twee is dit ’n opwindende uitdaging om hulself uit eie reg in die musiekbedryf te vestig. Hulle loop glo dikwels onder die tonge deur, maar beide glo hulle het die talent, deursettingsvermoë, passie en dryfkrag met ’n ‘gesonde fondament’ (van hul ouers) wat hulle uit die blokke help lig. Al twee het die musiekbedryf met oorgawe gekies. Hul ander boetie Mario, Franja se tweelingbroer, is die boer van die gesin.
Franja sê hulle kry al die ondersteuning denkbaar by hul familie, maar in die dieselfde asem is hulle altyd aangemoedig om hul eie drome te droom en bly hul geluk die eerste prys … en waarop is hulle die trotste? “Om Du Plessis te wees, natuurlik.”
Lees meer oor die talentvolle broer en suster hier
