Afrikaans.com was op 29 Augustus teenwoordig tydens die bekendstelling van RoepTV.com – ’n nuwe en innoverende aanwins vir die Afrikaanse digitale TV-mark wat op 2 September afgeskop het. Die nuwe TV-platform wil gesinskykgenot aan ’n Christenmark verskaf.
“Omdat digitale tegnologie enorm groei, het ons besluit dat RoepTV.com die tegnologie sal gebruik om hoogs professionele gesinsvermaak vir elke huishouding moontlik te maak.” – Hardus Zevenster, hoof- uitvoerende beampte van die Bloudruk Groep.
RoepTV.com gaan kykers inhoud bied wat nou oorspronklik in Afrikaans beskikbaar sal wees. Dit bied Afrikaanse Christelike vermaak wat ’n verskeidenheid nuutvervaardigde reekse en -films en sitkoms, oorspronklike dokumentêre programme, aktualiteit, nuwe en vertaalde kinderprogramme, musiek en plaaslike en internasionale leringprogramme insluit.
Bekendes wat op hierdie gesinskanaal te siene sal wees, is onder andere: Lindie Strydom, Frank Rautenbach, Michael Mol, Albert Maritz, Retief Burger, Regardt van den Bergh, Angus Buchan, Riekert Botha, Benescke Janse van Rensburg, Nico Panagio, Rouchelle Liedemann en vele ander.
Een van die grootste voordele van RoepTV.com is dat kykers enige tyd kan inskakel op die kanaal, op enige plek en selfs op enige skerm. Dit kos R149 per maand om in te teken en vyf toestelle word aangesluit.
“Ons neem 100% verantwoordelikheid vir wat ons uitsaai.”
“Deur die loop van die jare heen is daar uit verskeie oorde gepleit dat Christen-media radikaal verander moet word. RoepTV.com beoog om die katalisator te wees om dinamiese programme van hoë gehalte aan kykers te besorg.”
Klik hier indien jy wil registreer: RoepTV.com
Wie was almal daar …

“Dis tyd vir verandering in digitale media. Hier is ons venstertjie na die hemele …” – Nico Panagio was ’n gasspreker. (Foto’s: René Arendse)

Dr. Michael Mol, bekende TV-persoonlikheid, spog met sy RoepTV-sokkies.

Joywene Zeeman en Eleanor Margarte van Radio Tygerberg en Siobhan Swart vier die gebeurtenis by GrandWest waar die bekendstelling plaasgevind het.

Lindie Strydom en Heinz Winkler gesels oor die opwindende loodsing van RoepTV en die geleenthede wat dit skep.

Frank Rautenbach is ‘n ambassadeur vir RoepTV. “Ons taal, kultuur en die uniekheid van ons taal lê my na aan die hart.”

Alisha de Lange en Mariette Roos van Solidariteit Helpende Hand is eens dat Afrikaanse platforms soos RoepTV help met die behoud van taal en erfenis.

Jo Black inspireer die gaste tydens die RoepTV-bekendstelling.
“Ongeag watter Goliat in jou lewe is … hy staan dalk voor jou om die Dawid in jou wakker te maak …”