Vir diegene wat hou van tong-in-die-kies en loslit- Afrikaanse produkte en nie ’n duit omgee as mense vir hulle lag of met die vinger na hulle wys nie, is Idees Vol Vrees se aanlyn winkel, Komedie, net die plek om te gaan loer. Dit is nou as jy op soek is na ’n unieke T-hemp, hoodie, langmoutop, keppie, koffiebeker of ander lekker dinge.
By Komedie kan jy kies tussen ’n hele reeks oorspronklike ontwerpe, soos die Hadidas-ontwerp en Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-spotprentreeks, asook ’n unieke versameling van Afrilol.com se sêgoed en oorspronklike ontwerpe. Dan is daar ook GVLK-ontwerpe te kry – dit staan vir Gevaaalik Merch – “die gevaaalikste Afrikaanse satire- en vermaak website op die interweb dansbaan” en Cotton Candy Clothing se Soutie Collection. Ja, party is effens gewaagd, maar moenie vrees nie – die keuse is groot.

Geskenke
Moeg vir die gewone? By Komedie kan jy kies uit meer alternatiewe geskenke, soos koffiebekers, voorskote, plekmatjies, keppe en boeke wat mense twee keer sal laat kyk. Wie sal nou nie daarvan hou om sy dag te begin met koffie uit ’n Dip ’n ouma- of Melktert-koffiebeker nie. Of wat van ’n Bier Boep- of Pik ’n Wyn- T-hemp?
Gaan kyk by https://komedie.co.za
Lees meer oor Afrikaanse produkte hier.
