Christoph Kotze & Gerhard van Rooyen

“Mense sal eendag weet as daar ’n Christoph Kotze-liedjie oor die radio speel.” – Joe Niemand in ’n artikel oor Appel
Hy was al populêr nog voor die wêreld geweet het wie Christoph Kotze, oftewel, Appel is en was verantwoordelik vir van die grootste liedjies in die Afrikaanse musiekbedryf die afgelope 10 jaar. Liedjies soos, “Sal jy bly” (Theuns Jordaan), “Dis hoe ons rol” (Jay), “Koue voete en warm liefde” (Bok van Blerk) en Karlien van Jaarsveld se treffer, “Hande”.
Al was hy op 17 reeds naaswenner van die ATKV Crescendo se skeppende afdeling, sê Appel dat hy nooit gedink hy sal ooit vir ander kunstenaars liedjies skryf nie. Dit was ’n ontmoeting 3 uur een oggend by ’n kuierplek in Pretoria wat die weg gebaan het vir Christoph se skryfloopbaan.
Pieter Cloete het met Appel gesels oor sy loopbaan tot dusver.
Van sy musiekvideo’s:
Appel – Lei my na die water
Appel – Kom en lê my neer
Appel – Vroumens
Appel & Bok van Blerk – Lemoene
Kyk en luister na van die treffers wat Appel vir ander kunstenaars geskryf het:
Jay & Lianie May – “Da vat hy!”
Karlien van Jaarsveld – “Hande”
Bok van Blerk – “Koue voete en warm liefde”
Jo Black – “Skepe” (saam met Jo Engelbrecht & Johan Vorster)
Lees ook:
Pluk vir jou ’n vars ‘Appel’ op Maroela Media
Appel se ode aan die boere. Klik hier.