

Adoons, die Hollandse Keesje, klein Fielies, oom Kaspaas Breekwater, neef Klaas Windvogel … T.O. Honiball het ons oor die jare laat skaterlag met sy strokiesprente oor hierdie trop “menslike” bobbejane en hulle manewales.
Nou het TheMonkeySuite besluit om van hierdie stories in animasies te verwerk en dit so vir die nageslag te bewaar. “Dit is ons bydrae tot die behoud van Afrikaanse kultuurgoed, ” sê hulle.
Kyk hier na die eerste prosesanimasie (sizzle reel) om Adoons en sy trop bekend te stel:
Die prosesanimasie van Adoons en sy trop is stilisties op Honiball se strokies uit Adoons, Keesje & Kie (1977) gebaseer. Hierdie is nie die finale weergawe nie.
Die storie …
Adoons-hulle klim op Kuboep-saaiding van die trein af en begin voetslaan huis toe na ’n vakansie op Uilkraal – oom Kaspaas se plek. Die pad huis toe is warm en droog en Adoons neem die voortou met die trop agterna. Uiteindelik, na allerhande mishêps, kom hulle by die huis, maar o wee, die voordeursleutel is soek. Hoe nou gemaak? Gaan lees gerus die res van die storie asook meer oor T.O. Honiball hier.
Lees ook:
T.O. Honiball op Wikipedia. Klik hier.





Adoons – foto: TheMonkeySuite

Die rakker, Fielies – foto: TheMonkeySuite
