Heindrich Wyngaard KLOP! elke Sondagaand aan jou deur
Soos ʼn vernuftige skrumskakel weet Heindrich Wyngaard presies hoe om die bal op presies die regte oomblik uit te gee. Heindrich was vir byna twee jaar een van die aanbieders van RSG se vroegoggendprogram, Monitor, en van die begin van April af, het hy ʼn ander perd opgesaal. Op Sondagaand, 1 April, is die heel eerste Kô Lat ons Praat, oftewel KLOP! op kykNET uitgesaai…