Riverlands Primêr

Tuis 5 Projekte 5 Muurprojek 5 Riverlands Primêr
Riverlands Primêr Muurprojek

Riverlands Primêr wys hoe om trots te wees op jou moedertaal

Riverlands Primêr Muurprojek
Riverlands Primêr is gereed vir die fees!

Op 23 Februarie 2018 het Afrikaans.com saam met hul vennote, die ATR (Afrikaanse Taalraad), Vriende van Afrikaans, ATKV en FEDSAS behoorlik saam met Riverlands Primêr in die Swartland, ‘n Afrikaanse fees gevier toe nog ‘n muurkunswerk onthul is. Die Afrikaans.com-muurskildery het die leerders en gemeenskap van Riverlands herinner hoe lekker Afrikaans is en dat ons saam in Afrikaans kan droom!

Riverlands Primêr Muurprojek
Johnathan Saunders (skoolhoof, Riverlands Primêr) saam met die voorsitter van die Skoolbeheerliggaam, Thomas Jager, René Arendse (Afrikaans.com) en Deon Burger(vakadviseur – Skeppende Kunste InterSen).

Talle leerders het nie gereelde toegang tot Afrikaanse boeke nie en van die skole se hulpbronne is ook dikwels skraps. Met die muurprojek skep ons ‘n bewustheid en word leerders aangemoedig om Afrikaans te geniet en te gebruik. Vriende van Afrikaans het Riverlands Primêr verras met ‘n boektrommelskenking ter waarde van meer as R8 000. Me. Cheraldine vd Merwe van Vriende van Afrikaans het leerders aangemoedig om te lees en ‘n liefde vir lees te ontwikkel.

Riverlands Primêr Muurprojek
Cheraldine van der Merwe (VVA), René Arendse (Afrikaans.com) en Melvina Mason Hearne (ATKV) oorhandig boeksakkies aan die graad R-klassie van Riverlands Primêr. Die dag is afgesluit met ‘n optrede van Whaden Johannes – ‘n boorling van Mamre. Whaden het sy storie van inspirasie deur middel van sy sang met die leerders gedeel.

by | Mar 26, 2018 | Muurprojek, Projekte

Deel hierdie plasing