In die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks was taal nog altyd ‘n sentrale kwessie. In Suid-Afrika het dit immers ‘n lang en kontroversiële geskiedenis, veral wat die moedertaal as die medium van onderrig betref.
Hieronder is skakels na ‘n verskeidenheid debatte en menings oor moedertaalonderrig en meertaligheid.
- Moedertaalonderrig in ‘n demokratiese Suid-Afrika – Anne-Marie Beukes vra die vraag of moedertaalonderrig in ‘n demokratiese, veeltalige Suid-Afrika wenslik en haalbaar is. Lees meer…
- SLIM-veldtog – Leer en studeer in jou moedertaal (‘n AfriForum-veldtog)
Die SLIM-veldtog het in 2014 afgeskop en is daarop gemik om skoliere, voornemende studente en hul ouers in te lig oor die waarde en voordele van moedertaalonderrig.
In die nuutste video verduidelik jongmense soos David Krynauw, internasionale meubelontwerper, Reuben Riffel, koskenner en sjef, Karien van Emmenes, entrepreneur-roomysmaker, Piet Matipa, rubriekskrywer, Mercia Lesch, belastingouditeur en Gielie Hoffmann, motiveerder, hoekom hulle ’n passie vir Afrikaans het en hoe hulle hulle ten volle in hul taal in hul werksomgewing kan uitleef.
- Jak de Priester vir Maroela Media se Afrikaans word 90-viering oor sy moedertaal: Afrikaans 90: My moedertaal! | Maroela Media
- Hoe leer my kind die beste? Die Afrikaanse Taalraad: Waarom Afrikaans vir my kind?
- Funksionele meertaligheid in Suid-Afrika, ‘n onbereikbare ideaal? Funksionele meertaligheid in Suid-Afrika: ‘n onbereikbare …
- Is meertaligheid in Suid-Afrika prakties? Sabinet – Praktiese meertaligheid in Suid-Afrika – feit of fiksie?
- PEN Afrikaans eis meertaligheid en moedertaalonderrig as uitgangspunt in Suid-Afrikaanse onderwys. PEN Afrikaans eis meertaligheid | LitNet
- ‘n Gesprek oor meertaligheid tydens die Festival voor het Afrikaans in Nederland. GESIGTE VAN ‘N TAAL: Gesprek oor meertaligheid, 10 april …
- Volg ‘n vurige gesprek oor moedertaalonderrig: Hewige debat oor Afrikaans op Dagbreek-ontbytprogram …