Wêreldwyd kan ongeveer 24 miljoen mense Afrikaans verstaan, bv. in lande soos Nederland, België en Suriname, waarvan heelwat die taal ook magtig is. Die debat rakende die belangrikheid van Afrikaans as onderrigmedium op tersiêre vlak is nog lank nie verby nie, maar onlangs het verskeie instellings hul nuwe taalbeleide bekend gemaak. Hier kry jy universiteite, kolleges en ander instellings waar jy Afrikaans of in Afrikaans kan studeer. Gesels saam en laat weet ons van nog Afrikaanse kursusse.
Universiteit Stellenbosch
Die nuwe taalbeleid geld sedert Januarie 2017, en die US gebruik meertaligheid om aktiewe deelname van alle studente en personeel aan alle werksaamhede te verseker. Lees hier hoe die nuwe taalbeleid prakties toegepas word of laai die PDF af by www.sun.ac.za/taal (Afrikaanse weergawe).
www.sun.ac.za
Universiteit van die Vrystaat
Die nuwe taalbeleid, wat sedert Januarie 2017 geld, verbind die universiteit tot veeltaligheid, met Engels as primêre onderrigtaal op voorgraadse en nagraadse vlak. Die universiteit bly verbind tot die bevordering van Afrikaans as akademiese taal. Parallelmediumonderrig in professionele programme soos onderwyseropleiding en teologiese studies word voortgesit.
www.ufs.ac.za
Universiteit van Pretoria
Volgens die nuwe taalbeleid sal Engels die primêre taal van onderrig en assessering wees. Vir studente wat reeds geregistreer is, sal die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal geleidelik uitgefaseer word.
www.up.ac.za
Noordwes-Universiteit
(Potch-kampus)
Afrikaans geniet ’n gevestigde posisie as administratiewe taal op die Potchefstroom-kampus. Om ‘n inklusiewe en meertalige omgewing te handhaaf – waarin student en personeel wat nie Afrikaans praat nie, welkom sal voel – word Engels en Setswana gebruik in gevalle waar dit kommunikasie kan verbeter.
Akademia
Onderrig is in Afrikaans. Akademia bied verskeie volledig-geakkrediteerde kwalifikasies en gebruik ‘n hoëtegnologie-onderrigmodel wat dosente en studente in studiesentrums landswyd in virtuele studieruimtes bymekaarbring. Huidige kursusse sluit in: BCom (Ondernemingsbestuur); BCom (Bestuursrekeningkunde); BCom (Ekonomie en Regte); BCom (Finansiële Beplanning); Gevorderde Diploma in Projekbestuur; Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde; en Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie.
Sol-Tech
Sol-Tech is ’n privaat tegniese opleidingsinstelling met Afrikaans as onderrigmedium vir opleiding in die volgende skaars vaardighede: Elektrisiën, meulmaker, dieselwerktuigkundige, passer-en-draaier, sweiser, trekkerwerktuigkundige, gereedskap- en setmaatmaker.
Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT)
Opvoedingskursusse word in Afrikaans aangebied by KSUT se Wellington-kampus. Hul bevorder gelyke status van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap; Afrikaans, Engels en isiXhosa.
Universiteit van Johannesburg (UJ)
Hul taaleenheid verskaf kliëntgerigte gehalte-ondersteuning ten opsigte van die implementering van die universiteit se Taalbeleid en het ten doel om respek vir taal- en kulturele diversiteit en ook menswaardigheid te bevorder.
Hier word Afrikaans as vak aangebied – Suid-Afrika
Nelson Mandela Metropolitan Universiteit, Port Elizabeth
Die Departement Taal en Literatuur (Dept of Language and Literature) bestaan uit vier vakgroepe, waarvan Afrikaans & Nederlands een is.
School of Language, Media and Culture
Unisa
Kort kursusse (3 maande) in basiese kommunikasievaardighede in Afrikaans. Vir volwasse sprekers vir wie Afrikaans nie hul eerstetaal is nie. Die Departement Afrikaans en Literatuurteorie (Theory of Literature) bied modules in Afrikaanse literatuur, linguistiek en taalvaardigheid. Meer hier.
Noordwes-Universiteit, Potchefstroom
Die Skool vir Tale, Vakgroep Afrikaans en Nederlands
Kontakpersoon: Prof. Wannie Carstens – Direkteur
Daar word ook taalverwante kursusse aangebied in Skryfkuns (die eerste universiteit wat dit op voorgraadse vlak in SA aangebied het), Taaltegnologie (die enigste universiteit in die land wat dit op voor- en nagraadse vlak aanbied) asook Vertaal- en Tolkstudie (wat tolking en teksredaksie insluit). Modules in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) word aangebied as keusevakke in die vakgroep Vertaal- en Tolkstudie. Die Skool is ook die tuiste van Akademiese Geletterdheid (AGLA/AGLE) – hierdie vakgroep en sy personeel berei studente voor om op ‘n akademiese vlak by die universiteit in te skakel. Meer hier.
http://www.nwu.ac.za/
af/skool-vir-tale-afrikaans-
nederlands
Universiteit Stellenbosch
‘n Uitsonderlik diverse sentrum wat fokus op die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Die departement bied ook ’n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte, meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking, redigering en dokumentontwerp.
Universiteit van Pretoria
Fokus op die manier waarop taal betekenis moontlik maak, en hoe ’n mens jouself en die wêreld rondom jou verstaan d.m.v. die studie van taal en literatuur.
Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban
Verskillende kursusse vir voornemende onderwysers, vertalers en taalpraktisyns van voorgraads tot doktorale vlak. Modules kan aangepas word volgens vereistes. Afrikaans vir Beginners. Vertaaldienste.
Universiteit van Kaapstad
Die Departement Afrikaans en Nederlandse Studies (Afrikaans and Netherlandic Studies) se Taalskool (deel van die Fakulteit Geesteswetenskappe (Humanities) bied ook ’n MA-program in Kreatiewe Skryf aan.
Universiteit van Johannesburg
Departement Afrikaans: Taal- en literatuurstudie; Taal- en letterkundekursusse. Afrikaanse taalkunde (struktuur van taal) .
Die Afrikaans AB-kursus is gerig op studente wat nie moedertaalsprekers van Afrikaans is nie. Die klem in hierdie kursus val op die ontwikkeling van basiese taalvaardigheid (lees-, skryf- en praatvaardighede).
Nagraadse kursusse ook beskikbaar.
Universiteit van Fort Hare, Oos-Londen
Hul nis-navorsingsgebied Ecopoetics word ook internasionaal erken. Die departement bied ’n drie jaar lange program met die moontlikheid van nagraadse studie. Die departement is gemeenskapsgerig en betrokke by Aksie Afrikaanse Boekeprojek, die jaarlikse Afrikaanse Feesaand en die Afrikaans-onderwysersforum.
Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein
BA in Taalpraktyk. Nagraadse programme in Afrikaans-Nederlands ook beskikbaar. Meer hier.
Bykomende kursusse sluit in Afrikaans as vreemde taal: Gesellig Afrikaans en ‘n MA in Kreatiewe skryfwerk en literêre vertaling – gerig op aspirant skrywers en vertalers.
Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville
Departement van Afrikaans en Nederlands