
Boet (ook bekend as Dimpel) Pretorius, ’n pionier wat jare gelede baanbrekerswerk op die musiekfront – veral wat Afrikaanse musiek betref – gedoen en diep spore getrap het. Boet is ’n kranige musikant, ’n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker en vertel van die kunstenaars wat hy in hul musiekloopbaan gehelp het, hoe goeie Afrikaanse musiek ontplof het en wat hy vermag het. Van die grootste Afrikaanse kunstenaars is deur sy hande. Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance James, Groep 2, Carike Keuzenkamp – meer as 130 goue plate het die lig gesien by Decibel, sy platemaatskappy wat hy saam met André Viljoen en Retief van Rooyen (Annelie van Rooyen se pa) begin het. Sy produksies was lengendaries. Pieter Cloete het met hom gesels.