“Ek droom in Afrikaans… ek skryf in Afrikaans…
ek druk my maar nog steeds die maklikste uit in Afrikaans.”
– So vertel Karin Hougaard in ’n onderhoud met Pieter Cloete.
Ondanks haar passie vir kuns en musiek meen Karin sy het nog altyd die fantasie gehad om medies te studeer.
Op 18-jarige ouderdom het Karin reeds ’n platekontrak geteken. Retrospektief sê sy: “… dinge het gebeur soos dit moes… maar aan die anderkant, as ek ’n keuse kon hê, sou ek graag my debuut wou maak met my album, Bly, wat ek in 1993 vrygestel het… Bly was vir my ’n waterskeiding in terme van waar ek begin verstand kry het en waar ek mense namens my laat dink het. Bly is die eerste album waar ek aktief geskryf het, waar my eie musiek baie meer prominent was as byvoorbeeld Eerste afspraak en Herontmoeting… Blywas die eerste album waar my identiteit as Karin na vore gekom het.”
Karin woon tans in Amerika, maar kom kuier gereeld in Suid-Afrika. Besoek www.karinhougaard.com vir meer.
Pieter Cloete het met haar gesels oor haar loopbaan.