Afrikaans.com se eerste veldtog was ’n opwindende bewusmakingsveldtog wat verkeer na die webtuiste aangemoedig het en Afrikaans as handelsmerk gevestig en bevorder het terwyl dit die taal op ‘n positiewe wyse uitbou.
Die veldtog is deur middel van buitelugborde, asook redaksionele en advertensieblootstelling op televisie en radio en in die drukmedia gedryf. Die kernboodskap van die advertensieveldtog was: Hoe lyk jóú Afrikaans? Die idee was om mense se belangstelling te prikkel en Afrikaanssprekendes, maar ook alle Suid-Afrikaners, te nooi om die webtuiste te besoek en deel te neem aan die kompetisie: Hoe lyk jou Afrikaans en WEN!
Afrikaans.com is webtuiste waar jy Afrikaans se sjarme, eiesoortigheid en kleurrykheid kan vier en verken.
Visserman Troy Brutus – “Afrikaans tot innie jimmel”
Kaapse gesin: Ons kuier, drink … en eet Afrikaans
My Afrikaans is …
Dit is JOU Afrikaans, dit is MY Afrikaans
Afrikaans is ‘n passie
Afrikaans is mooi
O gonnatjiepiet! Afrikaans het karakter.
Agter die skerms
Ontmoet die mense agter die skerms en wat deel uigetmaak het van Afrikaans.com se mediaveldtog. Elkeen het ‘n eie storie en ‘n unieke manier waarop hulle Afrikaans praat en leef.