As jy dalk gewonder het hoe Johnny Clegg in Afrikaans klink …

Thamela (Die son trek water)
Johnny Clegg is een van Suid-Afrika se mees gevierde sangers, liedjieskrywers en dansers en sy vurige, lewendige vertonings en musiek is alombekend. Sy musiek en lirieke steek grense oor. Hy het die afgelope drie dekades reeds meer as vyf miljoen albums verkoop en nasionale sowel as internasionale toekennings ingeryg.
Thamela (Die son trek water) is Clegg se eerste liedjie wat Afrikaanse lirieke insluit en is reeds in 2006 opgeneem. Die liedjie is deel van die album: One life.
Die liedjie vertel die storie van trekarbeiders en hul geliefdes – veral mans wat vir lang tye moet wegwerk van hul huise en hul mense. Hy sing oor die diepte van dié liefde. “Die oseaan is nie bang vir die son se vuur nie …”
Luister hier
Johnny Clegg se laaste wêreldtoer
Johnny Clegg is in 2015 met kanker gediagnoseer en was lank in remissie. Sy laaste wêreldwye musiektoer – The Final Journey Tour – het op 1 Julie 2017 afgeskop by die Grand Arena , Grand West Casino in Kaapstad. Daar was ook vertonings in Londen en Dubai.
*Hy is op 16 Julie (2019) op 66-jarige ouderdom oorlede.
Lees meer hier.
Lees meer oor Johnny Clegg en sy wêreldtoer hier.

“Ek is opgewonde om hierdie outobiografiese en intieme uitbeelding van my lewensreis na gehore te bring.
Konsertgangers kan uitsien na ’n visuele- en klankskouspel …”
-Johnny Clegg