Varkfees skuif na nuwe terrein

Die jaarlikse Varkfees op Heidelberg (Gauteng) skuif vanjaar na die Heidelberg-vliegterrein vir die swetterjoel aktiwiteite en vermaak en nagenoeg 200 stalletjies met kuns en ander interessanthede wat op 31 Augustus en 1 September aangebied word.

Die fees is 13 jaar gelede deur die Volkie Vriende begin ten bate van die opgradering van die Gr R-parkie, en het sedertdien gegroei tot een van die gewildstes in die provinsie wat tussen 12 000 en 15 000 besoekers lok.

Vir meer oor die fees, lees hier by Maroela Media of besoek die webblad.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!