Suidoosterfees 2018 – Hier maak jou storie saak

“Die Suidoosterfees 2018 …’n ware gemeenskapsfees en sommer net fantasties!” – René Arendse het die fees vanjaar ervaar.

Dis nou meer as ooit belangrik dat ons tog almal wat die taal praat en wie lewe in die taal, besef dat ons almal het tog ’n deel om by de te dra om die taal en sy verskillende ways van praat en uitbeeld te beskerm; nie dat dit juis beskerming need nie, maar net om te kyk dat mense die waarde van die taal op al die vlakke besef. As communication, as academic taal, as lekker-praat-taal, maar dit in die proses nie exclusive maak nie.

Om dit weer te bring tot sy plek as inclusive Afrikataal. Soos dit tog was toe ons Khoe-mense die taal 400 jaar gelede laat ontstaan het om handel te dryf met die verbygaande skepe. Deur die taal se identiteit en plek in ere te herstel en te acknowledge, sal die healing van die taal ook in sy mense geskied. So gesels die skrywer Denver Breda, ’n taal- en kultuuraktivis, skrywer, fotograaf, akteur, digter en feesorganiseerder. Hy is vasbeslote om te baklei vir die bewusmaking en herlewing van ons Khoesan-tale asook die voortbestaan van Afrikaans en sy verskillende dialekte, soos Kaaps, Plattekaaps (sy eie weergawe van Kaaps) en Plattelandse Afrikaans (soos gehoor deur die stories van sy moeder, wat oorspronklik van Graaff-Reinet is en toe as 19-jarige in die Kaap kom werk het as huishulp). 

Hy is die skrywer van Rokkie, een van vanjaar se toonvenstervertonings by die Suidoosterfees. Sy verhaal is die van ’n 50-jarige transgenderpersoon van die Kaapse Vlaktes. Vandag is die dag waarvoor sy al jare wag: haar “gender reassignment”. Met die openingstoneel sit sy in onderklere agter ’n naaimasjien, besig om ’n rok aanmekaar te stik terwyl sy ’n Black Label en sigaret geniet.

Sy deel van haar mees intieme herinneringe met ons: haar ouers, haar ma se kêrel, die liefde van haar lewe, haar eerste beauty pageant, tyd op die straat en haar soeke na identiteit. Rokkie is ’n hartseer storie, vol hoop. Ongeag hoe hartseer die lewe kan wees, is daar altyd ’n goue rand om die donker wolkie.

Charlton George as Rokkie

“Die toekoms vir taal, kuns en kultuur is blink. Daar’s ’n next generation wat nie bang is om uncomfortable en challenging stories te vertel nie en wat weet dat eerlike, inclusive stories belangrik vir ons nasie is. Daar’s tog vryheid in die waarheid en ek’s excited vir wat nog gat kom.

“Rokkie is vir al die “Rokkies” daar buite; vir almal wie voel dat hul stories nie matter nie – máár ons stories, ons pyn matter tog!” – Denver Breda

Lees Christiaan J de Swardt se onderhoud met Denver op LitNET.

Rokkie vat raak …

Feesgangers vertel …

“’n Wonderlike fees van klanke! Die sang, kuns, drama en musiek het my na my kinderdae teruggevat …” – Reagan Diedericks– Feeskunstenaar & Mederegisseur van  ‘Marimba Gimba’ van Rural Arts Networks.

“Die Suidoosterfees skep ’n platform vir mense om hulself in hul taal uit te druk. Dit maak die fees waardevol!” – Waldimar Pelser – Gasspreker by die Jakes Gerwel-gesprek – Redakteur van Rapport.

“Ek het pas die Kuier Glansoggend bygewoon. Dit het my as vrou baie spesiaal en goed laat voel … en ook vir my trots laat voel oor wie ek is en waarvandaan ek kom.” – Barbara DavisFeesganger/ Sekretaresse by Athlone Skool vir Blindes.

“Die Suidoosterfees het ’n vêr pad geloop om ons taal te laat herleef en te laat leef. Die fees het gegroei in diversiteit en mense beleef dit as ’n ope- en gemeenskapsvriendelike fees!” – Hadley TitusKunstekaap Voorportaalbestuurder.

“Dis so opwindend om die mense te ontvang wat van vêr kom … vir die meeste dalk die eerste keer hier by die Kunstekaap- teater … vir baie die enigste geleentheid om die teater te beleef.” – Ashanti Louw – Kunstekaap Voorportaaldienste.

“Die hoogtepunt vir my is om so baie jongmense hier te sien … Ek het ook die diversiteit van produksies geniet en veral omdat dit in my taal, Afrikaans, is … In my omgewing, Albertinia in die Hessequa, is Afrikaans ons trots …” – Gerswin Cupido Feesganger – Hessequa Jeugleier.

“Feeste soos hierdie is so belangrik … een van my eerste verhoogoptredes was by die heel eerste Suidoosterfees, 15 jaar gelede … jy kan amper sê ek is ’n produk van die fees. Dis so belangrik dat ons sonder verskonings getrou bly aan ons taal.” – Lynelle Kenned – Sangeres en televisiepersoonlikheid.

“Hier is ’n opwindende ‘buzz’ tydens die fees … Dat ons fees gebou word rondom die viering van Vryheidsdag en ook Werkersdag is ’n absolute hoogtepunt.” – Lyndsay Cader – Suidoosterfees Projekkoördineerder.

“Die ‘Fledermaus’ was my absolute gunsteling tydens die fees. Die Afrikaanse vertaling van die lirieke was so komies en skerpsinnig soos net die Afrikaanse taal dit kan voortbring. Ek het al so baie operas gesien … maar hierdie Afrikaanse vertaling was besonders!” – Henriette Farmer – Lojale feesganger.

“‘Fiela se kind’ het my so emosioneel laat voel … Die karakters het hul rolle so goed vertolk. Dit was die moeite werd om so vêr te ry om die Suidoosterfees te beleef …” – Nicole Cronje – Feesganger – Matriekleerder van Gansbaai Akademia.

“Ons taal en teater leef! Dis wat ons en ons leerders saam met ons terugneem Albertinia toe.” Reneé Kiewit – Feesganger – Onderwyseres by Hoërskool Albertinia.

“Stiek uit in jou Afrikaans … Afrikaans is ons mense se taal! Ek glo die feesgangers van vanoggend se Glansoggend gaan terug huis toe en hulle voel goed om vrou te wees en trots op wie hulle is.” – Mel Jones – Komediant en radiopersoonlikheid.

“Die Kuier Glansoggend was so inspirerend. Die vrou is as fenomenaal uitgebeeld en dit het ons baie goed laat voel. Ek is so bly ons het die fees bygewoon.” – Stephanie Davis – Feesganger – Onderwyseres.

“My hoogtepunt is om al die jong kinders hier by die fees te ontvang. Die kinders het ’n dinamiese deel van die fees geword. Hulle kom van vêr om die fees te kom beleef.” – Bazil Christians – Kunstekaap Voorportaaldienste-assistant & eienaar van BAZTours & Guiding.

“‘Fiela se kind’ was my gunstelingproduksie. Dit het my hartseer laat voel … Dit het ook uitgebeeld dat kinders baie meer respek vir ouer mense gehad het as wat kinders vandag het.” – Elmarie Davids – Feesganger – Matriekleerder van Gansbaai Akademia.

“Die teks van ‘Rokkie’ was vir my ’n definitiewe hoogtepunt. Die fees skep ’n platform vir jong skrywers om hul stemme te laat hoor.” – Nolan Africa – Feesganger – Dramaturg.

“Ek was in die Netwerk24-feeskafee tydens die fees en het dit terdeë geniet! Die kafee het ’n groot verskeidenheid vermaak gebied en baie mense gelok … ek het veral die marimbas geniet!”- Kofi-anan Mkumla – Netwerk24.

“Met die intrapslag kon ek die karakter voel en van daar af kon ek nie ontspan nie … Ek is op ’n emosionele wipplankrit geneem! Die rou en brutale realitieit wat Rokkie moes deurmaak, het my so intens geraak … Ek moes dan en wan die knop in my keel afsluk. Die stel was eenvoudig, tog treffend, en die karakter het deurgaans dwarsdeur haar pyn gegroei. Ek kon myself met tye identifiseer met die karakter as ’n ouma-kind. Ek wou nog meer hoor, want ek kon haar pyn voel, ruik, proe … Ons kan onsself blameer vir hoe die samelewing ‘rokkies’ hanteer …”  – Natasha Africa – Feesganger – Onderwyseres by Worcester Sekondêr.

Ons hou FEES!

Baie geluk aaan die organiseerders. Ons sien uit na volgende jaar!

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!