Kunstenaarfokus

ADAM het “’n broek vol planne”

Pieter Cloete was by die bekendstelling van ADAM se album, Hoogtevrees en  het met die manne gesels oor hul passie vir Afrikaans, hul pad tot hier, hul klank en mark. Na drie suksesvolle albums en ’n kortspeler saam met Daniel Baron, is Hoogtevrees vir die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) ’n hoogtepunt. Die titelsnit van die album blink uit op trefferparades op talle radiostasies landswyd. Die meeste mense sal kan identifiseer met die liedjie Hoogtevrees, vertel Hugo Ludik wat dit saam met sy sangmaat Reynardt Hugo geskryf het. Dit gaan oor ’n romantiese verhouding wat by ’n kruispad kom en jy wonder: wat nou? “Dikwels sal ’n mens dan die verhouding in twyfel trek en wonder of dit gaan werk of nie. Dit is dan dat jy soms maar net jou oë moet toeknyp en ’n geloofsprong maak. Jy moet van die verlede vergeet en op ’n skoon bladsy begin” sê Hugo. Hy sê Hoogtevrees is ’n polsende popliedjie met ’n vinnige tempo waarop jy lekker sal kan dans.

Kyk hier

Besoek hul facebookblad hier

#adamgroep

Pieter Cloete gesels met die groep: