Irene-Louise van Wyk in die kollig

Sy staan groot skoene vol …  haar ma was ’n bekende sangeres en haar pa, ’n groot naam in die musiekbedryf.  Sy is die dogter van Louis van Wyk, die kunstenaarsbestuurder en eienaar van Music Profile Management, en wyle Irene van Wyk, ‘n sangeres wat gehore vir jare betower het. Tydens haar kinderjare het Irene-Louise saam met haar ma gereis tydens haar konserttoere, en selfs opgetree langs haar. Ma en dogter het ‘n noue band gehad.  Met die tragiese afsterwe van Irene in ‘n motorongeluk in 2009, het Irene-Louise se wêreld in duie gestort, maar het sy krag gekry uit die nalatenskap van haar ma en was sy vasbeslote om in haar voetspore te volg.

Musiek en kreatiwiteit vloei sterk deur Irene-Louise van Wyk se are. Sy was deurentyd in die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse en internasionale sterre en het baie geleer van die bedryf, sommer van ’n jong ouderdom af. Sy het gekyk, geluister en geleidelik haar eie talent en styl ontwikkel om haar droom te vervul en haar musiek met die wêreld te deel.

Sy het al saam met groot name in die bedryf gewerk, onder andere Bouwer Bosch en Stefan Ludik.

Pieter Cloete het met haar gesels oor haar loopbaan en haar unieke klank.

Oor menswees … vrouwees en wat haar inspireer

Leandie du Randt Bosch en Belinda Bam is vir haar inspirerend en het baie vir haar beteken gedurende ‘n tyd in haar lewe toe sy dit nodig gehad het. Sy vertel van die belangrike lewenslesse wat sy by dié twee geleer het, die waarde wat hul toevoeg tot haar lewe en die uitdagings van vrouwees in hierdie era van sosiale media.

Het jy geweet?

  • Sy het al saam met kunstenaars soos Bouwer Bosch, Nianell, Early B, Stefan Ludik en Peach van Pletzen opgetree.
  • Sy het onlangs ’n platekontrak by Universal Music losgeslaan.
  • Sy is genomineer in die kategorie: Beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar tydens vanjaar se Ghoema-toekennings.

Volg haar op Facebook hier.

Lees meer oor haar hier.

Irene-Louis van Wyk – Vergeet van my

Click here to add your own text

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!