US Woordfees 2018 – 2 tot 11 Maart

US Woordfees 2018. Kry die volledige feesprogram hier.

Vir die liefde daarvan … ’n Belangrike inisiatief: 100 Persente-inisiatief.

Die Woordfees bied iets vir almal, maar almal kan ongelukkig nie bekostig om feesproduksies by te woon nie. Die 100 Persente-inisiatief wou in die jaar waarin die Universiteit Stellenbosch sy eeufees vier, sorg dat meer mense uit die hele gemeenskap saam kon feesvier.

Dit het só gewerk:

Verskeie produksies het kaartjies teen R100 elk aangebied, wat op Computicket vir die 100 Persente-projek gemerk was. Alle 100 Persente-kaartjies wat gekoop is, is deur die Woordfees-span beskikbaar gemaak aan belangstellendes wat nie kaartjies kon bekostig nie. Vir die toedeling van kaartjies het die Woordfees saam met WOW-skole en ander sosiale impak-inisiatiewe gewerk.

Jy kon 100 Persente-kaartjies koop vir die volgende produksies:

Liewe Heksie in die sirkus, Vlerke vir almal, Familiedag, Eeufeeskonsert, Die riel van hip hop, The Soil, Jazz in the Native Yards, Bloed is rooi, Beloofde land, Dans van die watermeid.

Die 100 Persente-inisiatief was ’n uitnodiging om die liefde en goeie dinge in jou lewe te deel. Deur 100 Persente-kaartjies te koop, kon jy die Woordfees meer inklusief maak.