Danny Boy van George

Danny Boy is ‘n straatmusikant van George wat Afrikaanse liedjies nuwe lewe gee!

David Scheun het hom voor ‘n inkopiesentrum raakgeloop waar hy elke Saterdag so ‘n bietjie vreugde deel. Hy sing Sproetjies op sy eie unieke manier.

Afrikaans is #onmisbaar in die mond van sy mense.

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!