Aardklop stel ’n nuwe selfoon-app beskikbaar

Nou kan jy jou eie feeskalender aanmekaarslaan en die app waarsku jou selfs oor moontlike botsings!

Feesgangers se ervaring by Aardklop is vanjaar nog beter deur die beskikbaarstelling van ’n interaktiewe app wat jou toegang gee tot die feesprogram en lewendige resensies van alle produksies. Die app is reeds beskikbaar en kan afgelaai word vir Apple- en Android-fone.

Hoekom die app? Want dis verspot maklik! Jy kan:

  • Deur die feesprogram loer.
  • Kaartjies koop met jou kredietkaart.
  • Vertonings tot jou koopmandjie voeg.
  • Met behulp van die app uitstallers op die feesterrein vind deur van interaktiewe navigasie en foto’s gebruik te maak.
  • Alle feesnuus voor en tydens die fees word direk na jou app gestuur. So kan jy jou vinger op die pols van alles wat gebeur hou.

En dan?

Dit is baie eenvoudig. Jy daag slegs by vertonings op en jou kaartjies word direk na die app gestuur, as jy die kode op jou foon inskandeer.

Hoe kry jy die app op jou foon?

Die Aardklop-app is gratis verkrygbaar in die Apple App Store vir iPhone en ook die Google Play store indien jy `n Android-foon het. Tik slegs in “AARDKLOP” en laai die toepassing af.

Aardklop vind vanjaar van 2-7 Oktober in Potchefstroom plaas.

Ingangsfooi tot die feesterrein is slegs R30 per persoon en kinders onder 12 kom gratis in!
Produksiekaartjies is beskikbaar by Ticketpro.
Vir meer inligting besoek www.aardklop.co.za

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!