Woord van die week

Die woord/idioom van die week word verskaf deur dr. Willem Botha van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) – ‘n lewende, groeiende woordeboek wat reeds oor dekades heen geskep word.

koningmaker  s.nw.

1  Iemand wat deur sy mag en invloed ‘n ander persoon tot koning kan maak.

2  Iemand wat oor die vermoë beskik om ‘n ander in ‘n leiers- of magsposisie te plaas:  Die EFF sal die koningmaker wees waar koalisies nodig is en kan in sommige gebiede ’n mederegeerder word (Netwerk24, 15 Julie 2016).

Die woord is vir die eerste keer gebruik ten opsigte van Richard Neville (oorlede 1471), graaf van Warwick, wat verantwoordelik was vir die onttroning van koning Henry die Sesde en sy vervanging deur koning Edward die Vierde. Hy was ontsaglik ryk en het baie invloedryke en magtige mense geken.   © WAT

pasta, s.nw.

1  Deeg wat in ‘n verskeidenheid van vorme voorkom en berei word deur dit in water te kook.

Gereg berei van gekookte pasta.

Uit Engels pasta, uit Italiaans pasta, uit Latyn pasta “deeg”. © WAT

Prokrustesbed, s.nw.

(na Prokrustes, rower i.d. Gr. mitologie, wat reisigers met oënskynlike gasvryheid genooi het om by hom te oornag, hulle dan gevange gehou het en in ‘n bed probeer pas het deur hulle lywe uit te rek of hulle ledemate af te kap as hulle nie daarin gepas het nie). Beleid, raamwerk of stelsel waarin iets geforseer word om in te pas, gewoonlik deur dit ingrypend te verander: Die internasionale atletiekliggaam probeer  met die nuwe regulasie om vir Caster Semenya op die Prokrustesbed in te pas. ≈ ‘n Neiging bestaan by party mediamense om tekste voor publikasie op ‘n Prokrustesbed te plaas en vernuwende taalgebruik uit te redigeer (Die Burger, 12 Jan. 2004, 11). © WAT

takseer, ww., het getakseer.

1 Waarde bepaal, skat: ’n Eiendom takseer.  Die skade na n storm probeer takseer. 

2 Beoordeel: Iemand lig takseer.  Hoe takseer jy haar? 

Iemand op sy baadjie takseer Iemand op sy voorkoms beoordeel.

Uit Nederlands taxeren, uit Frans taxer, uit Latyn taxare “skat, bepaal”.  ©WAT

demagoog, s.nw.

1 In oud-Griekeland, ’n persoon met redenaarstalent wat groot invloed op die volksvergadering en daardeur op die regering uitgeoefen het: Perikles is die bekendste demagoog van die Grieksedemokrasie.
2 Iemand wat na heerskappy strewe deur op die laere hartstogte van die gepeupel te werk, of politikus of leier wat munt slaan uit maatskaplike onrus: Nog nooit het die geskiedenis ‘n demagoogvir ‘n held aangeteken nie (C.J. Langenhoven). Dis die mag van groot demagoë om mense soos skape aan te ja (N.P. van Wyk Louw).

bigamis s.nw.

Iemand wat met twee persone getroud is. © WAT

soekram s.nw., soekramme.

Ram wat by ‘n trop ooie ingejaag word om bronstige diere uit te wys, waaraan ‘n voorskoot of sak om die lyf vasgebind word, sodat hulle nie die ooie kan dek nie en die ooie vir handdekking uitgehaal kan word; sin. voorskootram: Ooie wat in 1938 gebore is, is saam in dieselfde kudde op Elsenburg gehou en hul geslagsbedrywigheid is deur middel van soekramme bepaal (P.J.J. v. Rensburg in Boerd. S.A., Julie 1950, 220). (Ook opgeteken in Namibië).  © WAT

ploeter ww., het geploeter.

1 Om op ’n sukkelende manier te werk te gaan sonder noemenswaardige sukses:Sommige politici ploeter steeds voort met n uitgediende visie wat ver tekort skiet. Haar toespraak was n onverstaanbare geploeter.

2 Rondplas, gew. op ’n morsige manier: Die olifante bad en ploeter en speel dan ewe rustig in die water. Uit Nederlands ploeteren met die betekenis “in die water plas” (1800), “om te grom” (1700) en in die Middeleeue “om te babbel, om ’n kabaal op te skop”. ©WAT

ploert s.nw., ploerte.

1  Versukkelde of gemene, onbeskofte persoon met ’n lae opvoedingspeil: ‘n Ploert wat rook en gemorskos eet, sal net so lank leef as ‘n nie-rokende muesli-etende drawwer (Beeld, 16 Jan. 1988, 3).  Die man is ‘n ploert wat met sy onskuldige dogtertjie getrou het (H.S. v. Blerk: Bantoms, 1949, 287). Die toeskouers is ploerte wat in dieselfde lig as die berugte Engelse sokkerboewe beskou kan word (Volksblad, 25 Jan. 2000, 8).

2  Kruiperige en snobistiese persoon wat dinge vir die skyn en nie uit oortuiging nie doen: Ongelukkig vind ‘n mens onder die vrouens in welsynsorganisasies dikwels die ploerte (Sarie, 1 Febr. 1961, 79).    ©WAT

asvaal b.nw.

1 Vaal soos die kleur van as: Die veld is asvaal van die droogte. So blomtuin-vol van kleure die asvaal ou Karoo (C.L. Leipoldt).

2 Baie vaal of bleek: Asvaal van die honger.  Jou asvaal skrik.

3 Asof dit jou nie aangaan nie, asof jy nie daarby betrokke is of nie daarvan weet nie: Ek is die skuldige, maar ek hou my maar asvaal.  Sy vrou loop rond, maar hy is asvaal.

Uitdrukking

asvaal met ‘n naat.  Sonder die minste sweem van agterdog, niksvermoedend. © WAT

kortwiek ww. 

Vryheid van handeling aan bande lê, of ontwikkeling, mag of invloed beperk: Hengelaars wat ‘n geruime tyd gekortwiek is deur ongure weer, kon weer puik vangste maak

(Suidwester, 8 Mrt. 1968, 5). Gutenberg se loopbaan is gekortwiek deur skuld,hartseer en uiteindelik blindheid (Lantern, Mrt. 1972, 52).Uit Ndl. kortwieken (1724 – 1726), ‘n samestelling van kort en wieken, met lg. van wiek “vlerk van ‘n voël, spesifiek as ledemaat waarmee hy vlieg”, en beteken letterlik “die slagpenne van een of albei vlerke van ‘n voël wegknip en sodoende verhoed dat hy wegvlieg”.  ©WAT

penswinkel s.nw.

penswinkels; penswinkeltjie (dikwels as verkleinwoord).

(geselstaal; skertsend) Skinkbord of plat bak waarin koopware rondgedra kan word en wat met ‘n band om die nek of oor die skouer van ‘n verkoper pas sodat die skinkbord of bak op die maag rus: Die venter met ‘n penswinkel met allerlei rookgoed en versnaperinge het ‘n deuntjie gesingpraat om sy ware te adverteer(Transvaler, 28 Sept. 1951, 7). Verkopers klim op stasies met hul mandjies en penswinkels op en verkoop hul blou pakke beskuitjies (A.P. Brink: Sempre, 1963, 101).  ©WAT

papelellekoors s.nw.

(skertsend) (waarskynlik ʼn samestelling van verouderde Nederlands papelarden “huigelary” en koors)

1 ‘n Geveinsde siekte of ongesteldheid: Maak dat jy dadelik opstaan. Jou siekte is skoon papelellekoors en luisiekte (J.M. Friedenthal: Uilskuiken, 1936, 181). Vgl. IPEKONDERS.

2 Ontsteltenis, woede of vrees: Josephine het gehardloop om tant Meraai te gaan roep, al was ons so bang vir haar dat ons die papelellekoors gekry het as sy dit naby ons waag (Huisgenoot, 5 Jul. 1990, 42). Vgl. HORRIES, RITTELTIT, STUIPE.
© WAT

spierwit b.nw.

(spier: ‹Middelnederlands spier, “wit vleis, veral die borsvleis, van pluimvee”) Selde ook, geselstaal, spierewit.

Baie, heeltemal of helder wit: ‘n Spierwit blom, duif, perd, trourok. Spierwit kapok, kneukels, linne, sand, sneeu, wolke. ≈ Kleintyd het ek spierwit hare gehad en was maar ‘n blekerige dogtertjie(Oggendbl., 17 Mei 1979, 6). Die bed was altyd keurig opgemaak met spierwit bo- en onderlakens, ‘n gehekelde deken en groot kussings met gehekelde valle (A. Blignault: Granaat, 1970, 31). © WAT

Op droë grond visvang

Vrugtelose pogings aanwend om ‘n geheim te wete te kom.

spekskiet ww., het spekgeskiet. Leuens vertel, grootpraat of oordryf:

Sy verbeelding ruk maklik hand-uit en dan skiet Oelie lekker spek (Unie, Mei 1978, 376). ‘n Mens hoor nou so baie hoe oom Jêk spekgeskiet het, maar ek self het hom nooit hoor lieg nie(Landbouweekblad, 19 Nov. 2010, 77).

Ook as s.nw.: Die jong kleuter se verbeelding hardloop met hom weg. Dis nie jok nie. Dis spekskiet (J. v. Elfen: Kleutersorg3, 1973, 34). Mense luister wanneer hy praat, want hulle weet hy hou hom nie op met spekskiet nie (Beeld, 17 Jun. 1999, E). © WAT

skobbejak s.nw., skobbejakke.

Skurk, of oneerbare, ongemanierde, niksbeduidende persoon: Hy is die wêreld se grootste Don Juan — en sy onbeskofste skobbejak (A.P. Brink: Pot-pourri, 1962, 12). Jy kry jou goeie ouens, jou wonderlike ouens, die donker, buierig introspektiewe ouens, die omstrede ouens, die skobbejakke(Beeld, 13 Des. 2001, 26).

Uit Ndl. schobbejak (1619), ‘n samestelling van schobben “krap, vryf ” en jak “kort baadjie”. Schobbejak ontstaan waarskynlik n.a.v. hawelose mense wat luise of skilfers uit hulle klere geskud het en moes steel om kos in die hande te kry. © WAT

babelas

Ook soms babalaas, babbelas en babelaas.

I s.nw. Naar, siek gevoel met swaar hoofpyn nadat ‘n mens te veel gedrink het; sin. haarpyn(verouderd), kater (verouderd): Baie mense moes al met die gevolge van ‘n babelas saamleef. Die dikkop-, droëmond-gevoel ná ’n aandjie uit, is natuurlik ook iets wat met die ouderdom ál erger raak (Volksblad, 26 Jan. 2013, E).

II b.nw. Naar, siek en kopseer deur die oormatige gebruik van drank: Hy is babelas.

Babelas is in Afrikaans herontleen aan Zulu i(li)babalazi uit Afrikaans bibberasie “een van die gevolge van oormatige drankgebruik.” In 1940 in Afrikaans opgeteken. © WAT

Valentynsdag s.nw.

Dag in Februarie waarop ‘n kaartjie gestuur word aan iemand van wie jy hou of vir wie jy lief is.

Valentynsdag is vernoem na die heilige Sint Valentyn wat op 14 Februarie herdenk word. Die feesdag van Sint Valentyn is verbind aan die Romeinse fees van die Lupercalia waarop ongetroude vrouens hulle wens om te trou, kon uitspreek. Hulle name is op potskerwe geskryf en in ‘n kruik gegooi waaruit die mans dan vir hulle lootjies getrek het.

Die Eng. kerk het eeue later die seremonie afgewater tot die stuur van liefdesbriewe en dit simbolies verbind aan die tyd van die jaar wat die voëls begin paar. © WAT.

laai-laai b.nw. (geselstaal) Ook lai-lai.

1. (verouderend) Van allerlei of veral ongewone aard, of eienaardig: Kassiem swaai sy kombuismes: “Los jou laailaai praatjies en loop soek jou trawale” (J. Rabie: Sterwe, 1966, 107). ‘n Mens hoor laai-laai dinge as jy na skinderstories luister (Kaapstad).
2. In ‘n slegte bui, kort van humeur of astrant: Ken jy nie vir Mailie, / Mailie’s nie laai-laai nie, / Mailie is die barber van die jaar (I.D. du Plessis: Moppies, 1977, 77). My vrou is laai-laai vandag; bly maar uit haar pad! (Macassar).

boomskraap, b.nw.

Byna leeg: Die konfytblik is al boomskraap.
Byna op, feitlik gedaan: Die kos is boomskraap.
So te sê sonder geld: Ek is heeltemal boomskraap na so ’n lang vakansie.
Swaar, moeilik: Dit het boomskraap gegaan.
Samestelling van boom en skraap, na aanleiding van die laaste bietjie van iets, bv. kos, wat uit ’n houer se boom geskraap word. Eerste optekening in Afrikaans by Mansvelt (1884) in die afleiding boomskraapsel.

tjaila ww.

Ophou met werk, veral aan die einde van die dag.

Uit Xhosa – tshayile of Zulu – shayile, albei met die betekenis “slaan op ‘n voorwerp sodat ‘n geluid gehoor word”. Wanneer daar hard op bv. ‘n ploegskaar geslaan word, word hierdie ww. gebruik om aan te dui dat die werkdag begin of ophou. In Xhosa en Zulu beteken die woorde dus nie net “ophou met werk” nie, maar ook “begin werk”.

Kersfees s.nw

Fees op 25 Desember ter herdenking van Christus se geboorte.

Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ (gespel soos die Engels) (vroeër uitgespreek met ‘n harde K-klank wat ook die spelvorm met ‘n K verklaar) wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ‘n Latynse woord. Die Latynse Christus kom uit die Grieks christos wat “gesalf” beteken. Letterlik beteken Kersfees dus “Christusfees”.

spiekeries b.nw (geselstaal)

Deftig, spoggerig of windmakerig: Sorg dat jy vanjaar ‘n vol romp het as jy byderwets wil wees, en as dit geruit en boonop geplooi is, is jy eers spiekeries (Beeld, 7 Jan 1983, 7).

Goed of agtermekaar: As jy getrou jou huisverband betaal en nie ander skuldprobleme het nie, lyk jou kredietstatus waarskynlik spiekeries (Netwerk24, 5 Jul. 2017, E)

pierewaaier, s.nw (pierewaaiers)

Man, dikwels welgesteld of van aansien, wat plesier najaag, o.a. deur te fuif of te flankeer, soms sonder inagneming van konvensionele gedragsreëls of moraliteit: Prof. B. het homself verweer teen bewerings dat hy ‘n pierewaaier is en dat hy sy internasionale aansien misbruik om sy gewildheid by vroue bevorder (Suidwester, 18 Nov. 1970,5).
Almal het die prinses gewaarsku haar aanstaande is maar net nog ‘n pierewaaier (Huisgenoot, 1 Jan. 1981,82).

Uit Ndl. pierewaaiern (1666), ‘n seemanswoord wat tot die volkstaal deurgedring het, uit Russies pirowat “fuif”, ‘n afleiding van pir “feesmaal”.

newwies, s.nw (geselstaal)

Selde ook newwe. Stewels of skoene vir harde werk; ook ou, verflenterde skoene of nuwe, deftige skoene: Sy kleredrag is die van ’n delwer: kakiebroek en hemp en newwies (J.R.L van Bruggen: Grafskender, 1941, 115). Hy dra ’n paar geel newwies en die hare is net danig geolie (F.A. Venter in Son, 1967, 36).

Waarskynlik vervorm uit Engels navvy (1832) ‘handearbeider, veral met pad- en spoorbou’. Die skoene word so genoem omdat die arbeiders se klere en skoene as gevolg van die swaar arbeid en lae lone in ‘n gehawende toestand was.

op die mat

(n.d. Eng. on the carpetVoor iemand self gehoor het dat ek op die mat moet kom, het ek in die koerant gelees dat dit kom (Rapport, 19 Sept. 1982, 32).
Dis ‘n besonder rare mentaliteit wat ‘n professor op die mat roep, omdat sy ‘n gedig geskryf het, ongeag die strekking van die gedig (E. Britz in Kat, Aug. 1992,85).

iemand op die mat kry
Iemand onderkry of in ‘n moeilike posisie plaas: Hy is ‘n man met ‘n skerp intelligensie en ‘n vegter wat geen argument ontsien om sy teenstander op die mat te kry (nie) (Burger, 27 Okt. 1960,13).

menhir

s.nw, menhirs. (argeologie) Enkele regop ruwe monoliet wat uit ongeveer 4 tot 7 duisend jaar gelede dateer en waarvan die funksie en skeppers onbekend is: Daar word vandag nog verskeie voorbeelde van dolmens en menhirs (in Bretagne) aangetref (Ens. v.d. Wêreld 2, 1971,600).

Uit Bretons men “klip en hir “lang”.

sitsewinkel, s.nw.

(dikw. saam met hele) (dikw. ironiserend of geringskattend; verouderd)
Ook sissewinkel en siswinkel. (materiaalwinkel wat bedrukte katoen uit Indië verkoop”)

KABOEDEL: As jy die draadjies ken, en op die regte tyd / Die regte draatjies trek, kan jy die hele / Ou sitsewinkel laat dans soos jy wil hê (Eitemal: So Praat, 1956,23).
Kon hy nie maar maande gelede al besluit het nie? Nou moet julle die hele sitsewinkel kanselleer!(Sarie, 27 Jul. 1988,122).

regstaat, s.nw, regstate.

Staatsvorm waarin fundamentele burgerregte konstitusioneel gewaarborg word, die wetgewende, regsprekende en uitvoerende magte geskei word en ‘n onafhanklike regbank toesien dat die staat nie sy magte oorskry nie; teenoor magstaat:
Die gedurige spanning tussen administrasie en reg is die hoofkenmerk van die regstaat (M. Wiechers: Legaliteitsbeginsel, 1969,5).
‘n Dikatatuur is met die idee van ‘n regstaat heeltemal onversoenbaar (G.D. Scholtz: Stryd, 1962, 291).

skavuit, s.nw, skavuite (verouderd)

(Meester Poulle onderbreek by tye die gesprek met heftige uitroepe, soos “die skavuite!”, “sedisieuse opruiery!” (A.J.B. de Klerk: Weg, s.j., 25).Cassandra se vriende is ’n kleurvolle multikulturele groep. Onnodig om te sê dat die vieslike skavuite nie bestand is teen Cassandra en haar lojale en ondernemende helpers nie (Burger, 30 Aug. 2000, 8).

In ’n ou bron: Ek weet dat jy ’n skavuit is; ek weet dat jy my aan die poliesie verkoop het en ek sou liefs jou nek omdraai, maar ek het jou nodig om jou en my fortuin te maak (E.B Grosskopf in Huisgenoot, 8 Februarie 1929, 13).

kokhals, ww.

gekokhals; bv. kokhalsend, kokhalsende. Braakbewegings maak, of sukkel om te vomeer: Soms word die bopunt van die maag gesluit en dan vind vomeerbewegings plaas sonder dat iets opgebring word; dit word kokhals genoem en gaan altyd met mislikheid gepaard (in M. Fishbein: Dokter, 1962, 288). Ook selfstandig gebruik: Nog ’n skots, ’n dubbelskots! / dan die gekokhals en gekots / en die roerlose dieprus van die roes (D.J. Opperman: Kuns-mis, 1964, 35).

Uit Nederlands kokhalzen: klanknabootsend gevorm met die betekenis “om die geluid ‘kok’ te maak in die keel (hals)”.

oortjie, s.nw

(histories) Muntstuk onder andere in die SA en Britse muntstelsel gebruik, met ’n waarde gelyk aan ’n kwart van ‘n pennie; sinonieme: kwartpennie; bokstert (geselstaal): In SA is oortjies van 1923 tot desimalisering in 1961 gemunt (Ens. van die Wêreld 8, 1976, 36).
Muntstuk waarvan die waarde gelykstaande is aan ’n kwart van ’n bepaalde geldeenheid.

Uit Ndl. streektaal, oortje. Hou oorspronklik verband met oord ‘plek, hoek’. In die Middeleeue is baie munte deur ’n kruis in vier hoeke of oorde verdeel, en so het oord, verkleiningsvorm oordje, in die streektaal, oortje, benewens sy ander betekenis ook die betekenis ‘’n kwart van ’n muntstuk’ verkry.

soetskeel, b.nw.

Sodanig dat een of albei oë effens skeef kyk; sin. soet (verouderend, ongewoon): Die oudste dogter, glo Jacoba genaamd, dié was, foei, soetskeel en dan nog met die beduidenis van ’n snor op die bolip (A.P. Brink: Kennis, 1973, 51). Miguel (soet soos stroop): Ken jy vir Rosa? Violetta (swaai om): Soetskeel Rosa met die bakbene? (U. Krige: Kring, 1965, 44).

sluitgeld, s.nw. (histories)

Geldbedrag wat aan ’n tronkbewaarder of sipier betaalbaar was vir die opsluit of vasketting van gevangenes, of vir versorging of ander dienste aan gevangenes gelewer: Die beul het behalwe sy maandelikse salaris ook ‘sluitgeld’ gekry vir die opsluit, ontsluit en in kettings slaan van misdadigers (B.J. Liebenberg, vert.: Van Riebeeck, 1968, 82).

slytig, b.nw. 

Slytige; slytiger, slytigste. (geselstaal; verouderd) 1. Wat nie sorgsaam is teenoor klerasie nie en wat dit wat gedra word, vinnig laat slyt: Jong seuns is gewoonlik slytig op skoeisel. – Die kinders is darem ook so slytig. As die ma nie haar hand aan hulle klere hou nie, dan loop hulle in toiings (A.H. Jonker: Plaasverdeling, 1932, 206). 2. Beproewend of uitputtend: Ons huis is vinnig besig om in ’n broeikas te verander. Alewig is daar potplante wat ingebring moet word totdat elke hoek en draai vol plante staan. Dis alles baie slytig op ’n huisvrou se senuwees (Huisgenoot, 31 Julie 1959, 59).

slukhals, s.nw.

Slukhalse (ongewoon) 1. Vraat: Ruan is ’n regte slukhals, want hy kan maklik drie borde kos op een slag eet. 2. Iemand wat daarop ingestel is om hom- of haarself ten koste van andere te verryk, of wat misbruik van andere se gasvryheid maak en traag is om te gee of te deel: Die dokters is ’n klomp slukhalse. Joos sê hy kan enigeen na die goedkoop tradisionele geneser toe rekommendeer (D. Beukes: Meetsnoere, 1967, 34). Vgl. waaghals, nathals

slungel, s.nw.

Slungels: Manspersoon wat besonder lank, maer en onbeholpe of ongemaklik is en wat dikwels slordig en onversorg lyk: ’n Slap slungel van ’n man het kom oopmaak toe ek klop: die ene tandeloosheid en hare (A.P. Brink: Parys –Parys, 1969, 157). ’n Bleek slungel van ’n verkoopsventjie keer Thomas voor en plak ’n modieuse lapding op die toonbank neer (J. Rabie: Ark, 1977, 43).

Uit Nederlands slungel (1785); Duits Schlingel (15de eeu).

bekoms bw. (verouderd)

Trommeldik, meer as versadig: Hy het hom bekoms geëet.

slinger-om-die-smoel, s,nw.

(geselstaal; skertsend)

MELKSNYSELS: Word jy slinger-om-die-smoel belowe, kry jy heerlike deegsnysels in melk gekook vir aandete (Burger, 3 September 2002, 7).

nurks, b.nw., nurkse.

Knorrig, nors of onaangenaam. Dat hy in sy diepste wese nie nurks, ongevoelig en koud van geaardheid was nie, getuig diegene wat in noue aanraking met hom gekom het (Vaderland, 23 Maart 1957, 9). Die Leier van die amptelike Opposisie verkies om met ’n nurkse houding afwysend een kant te staan (Vaderland, 1 Februarie 1961, 8).

Uit Ndl. nurks (1841), ’n afleiding van die s.nw. nurk (1620) ‘knorrige persoon’ of van die ww. nurken (1634) ‘knor, mor’. Nurken is die intensiewe vorm van norren ‘knor, grom’, oorspronklik klanknabootsend gevorm. Afrikaans nors is ook van norren afgelei.

nooiensborsie, s.nw.

(geselstaal)

Klein peervariëteit wat rond is aan die onderkant en opvallend spits na bo loop en vroeër veral in huistuine gekweek is: Die klein nooiensborsie was so ’n lekker outydse peertjie (R. v. Reenen in Die Burger, 19 Febr. 1963, 2).

nooiensperske, s.nw. Soort laat taaipitperske met wit vleis en ’n rooi wang wat op beperkte skaal in somerreënvalgebiede, veral in die Oos-Vrystaat verbou word: Sy’t ’n blonde krullebol gehad en wange soos dié van ’n nooiensperske (T. v.d. Heever, Skoppensboer, 1948, 92).

slootjiepens, s.nw.

(geselstaal)

Ook soms slootjiespens. PITKOFFIE: Hy vra of ons koffie wil drink. Hy sê: “Wil jy slootjiepens of nylon hê?” Die koffiepit het ’n slootjie. Nylon is kitskoffie (Transvaler, 10 Oktober 1981, 6). “Slootjiepens,” herhaal hy, en toe hy sien ek verstaan nie, “pittekoffie. En regte oondbrood” (G. Weideman: Draaijakkals, 1999, 118).

’n sloot eet, lieg, ens.
Idiomatiese uitdrukking. Baie erg of behoorlik: Jy kan hom nie glo nie; hy lieg ’n sloot. As my kop die kussing raak, slaap ek ’n sloot. Sy was honger en het ’n sloot geëet.

slakkepos, s.nw. 

(skertsend)

ewone pos wat in vergelyking met moderne elektroniese kommunikasiemiddele stadig en baie meer arbeidsintensief is; sin. sloerpos.

1. Seerower, kaper
2. Iemand met vrye opvattings wat hom nie aan die algemene gebruik steur nie.

Uit Nederlands vrijbuiter (1572 in bet. 1, 1903 in bet. 2), ’n afleiding met -er van vrijbuiten ‘roof, kaap, plunder’, met laasgenoemde ’n afleiding met -en van vrijbuit (1575) ‘buit verkry deur te roof of te plunder’, met laasgenoemde ’n samestelling van vrij ‘sonder betaling’ en buit ‘buit’. Duits Freibeuter, Engels freebooter. – Doedelsak –

*Verskaf deur: Gerhard van Wyk, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Fees ter herdenking van Christus se geboorte op 25 Desember. Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ (gespel soos die Engels) (vroeër uitgespreek met ’n harde K-klank wat ook die spelvorm met ‘n K verklaar) wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ’n Latynse woord. Die Latynse Christus kom uit die Grieks christos wat “gesalf” beteken, Letterlik beteken Kersfees dus “Christusfees”: Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ’n heel interessante vervorming van die naam Christus (JJ Smith: Die Suiderstem, 24 Des 1937).

*Verskaf deur: Gerhard van Wyk, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Ook Ou Kersdag en ou Kersdag. Die dag voor Kersfees, 24 Desember; sin. Kleinkrismis (geselstaal), Oukrismis (geselstaal; minder gebruiklik): Al die eetgoed was op Oukersdag klaar voorberei, onder andere ’n hele lam wat in die oond gebraai was (Suidwester, 22 Des. 1969, 2)

*Verskaf deur: Gerhard van Wyk, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Begin siek word aan of aangesteek wees met:
Ek voel heeldag olik. Dalk het ek iets onder lede (AP Brink; Miskien, 1967, 155)
In Nederlands is leden die ledemate van die liggaam: jy voel dus die siekte in jou ledemate soos die gewrigte en potjies.

*Verskaf deur: Gerhard van Wyk, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Dag waarop die einde van die jaar volgens die Gregoriaanse kalender gevier word, nl. 31 Desember; sin. Oujaar: Oujaarsdag stel ons voor twee verpligtinge: om sekere dinge te onthou terwyl ons ander dinge opsetlik vergeet (Vaderland, 30 Des 1961, 6)

*Verskaf deur: Gerhard van Wyk, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

1a- Op gesellige, vertroulike wyse gesels: Hulle sit aangenaam rondom die vuurtjie en keuwel. Terwyl die vrouens koffie gemaak het, het die mans op die stoep oor die boerdery gekeuwel.
1b- Argumenteer – soms op sanikende wyse: Hy het knaend gekeuwel deur aan te voer dat hy nie regverdig behandel is nie. Wat staan en keuwel julle daar? 2. (t.o.v. ’n baba) Vriendelike, gesellige geluidjies voortbring: Die baba kan nog nie praat nie, maar hy lê al en keuwel. Die keuwelende baba lê tevrede in sy stootwa.

*Verskaf deur: Gerhard van Wyk, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)