Wat’s in ‘n naam? Afrikaans natuurlik!

Die WAT-wenhandelsnaam bekend.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het ‘n ruk gelede ‘n kompetisie geloods waarin hulle mense aangemoedig het om treffende Afrikaanse handelsname in te stuur sodat die eienaars genooi kon word om aan die kompetisie deel te neem.  Almal was welkom om deel te neem, solank die naam wat ingeskryf is vir R100 geborg of vir R5 000 gekoop is in die WAT se Borg ‘n Woord-projek.

Die wennaam en die drie pryswenners is op 31 Augustus tydens die Woordpret aangekondig en jy kon vir drie name stem.

Meer as 1 000 mense het  gestem vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam.

Marinda Engelbrecht van Maklik met Marinda-faam het by die WAT se Woordpret opgetree en dit was ‘n prettige belewenis. Sy is nie net ‘n koskenner nie, maar ook ‘n woordkunstenaar. Die kookdemonstrasie is voorafgegaan deur  ‘n prikkelende aanbieding oor Afrikaans deurspek met humor.

Die WAT se taalman, Gerhard van Wyk, is ‘n man met vele talente …

Die wenners

Wenner: Respek en Eiers – Restaurant in Pretoria

Naaswenner: Skryfyster – Taaldiens in Malmesbury

Derde plek: Bloos – Roséwyn van Hermanuspietersfontein in Hermanus

Benewens ‘n sertifikaat ontvang die wenners ook gratis toegang tot die Aanlyn WAT vir 10 jaar, of ‘n WAT CD, en ‘n CD van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans.

Die drie wenners van die prystrekking, wat ook gratis toegang tot die Aanlyn WAT vir 10 jaar, of ‘n WAT CD, en ‘n CD van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans ontvang, is: Yolande Hurter, Renier Fourie en Marina Fourie op die foto saam met ander wenners en die WAT-span.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!