Afrikaans.com Taal

Die toekoms van Kaaps – klokhelder en kleurvol!

Enige gesprek oor die toekoms van Kaaps gaan eintlik oor die toekoms van Afrikaans as geheel. Afrikaans moet herbedink word – nie net deur die akademici nie, maar deur sy sprekers. Die Afrikaanse Taalraad, in samewerking met Litnet en die Afrikaanse Taalmuseum, het onlangs ’n webinaar aangebied om Kaaps as…

Lees meer

Unisa se taalbeleid ongrondwetlik. So sê die appèlhof.

“Die heel belangrikste ding is natuurlik dat families die navraag vir Afrikaans moet handhaaf deur Afrikaans aan hulle kinders oor te dra en te sorg dat hulle by Afrikaanse skole uitkom. Daarsonder sal Afrikaans nie staande bly nie. ” – Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof, Afrikaanse Taalraad Sedert 2016 en na…

Lees meer
Die Vriende van Afrikaans verwelkom ‘n nuwe virtuele reis!

Die Vriende van Afrikaans verwelkom ‘n nuwe virtuele reis!

Afrikaans.com het onlangs die geleentheid gehad om met Chareldine van der Merwe en Mandie Ehlers van die Vriende van Afrikaans (VVA) te gesels oor hulle “nuwe” virtuele reis en die opwinding wat daarmee gepaardgaan. Chareldine van der Merwe is sedert 2018 die projekbestuurder by Vriende van Afrikaans, ‘n divisie van die ATKV. Mandie Ehlers is werksaam as projekorganiseerder by die taal-en-kultuurafdeling…

Lees meer
Elsa Joubert se aardse reis afgesluit

Elsa Joubert se aardse reis afgesluit

“Elke sekonde van my lewe is die Krag by my. En as ek sterf, sal ek net dieper daarin glip”– Elsa Joubert in Spertyd Een van die hooftemas van Joubert se werk, is haar “liefdesverhouding met Afrika” – ’n onderwerp van talle van haar romans en “bron van haar politieke oortuigings”.…

Lees meer
Taalportaal Kry al die inligting oor die Afrikaanse grammatika híér!

Taalportaal: Kry al die inligting oor die Afrikaanse grammatika híér!

Onderwysers, studente, dosente en taalkundiges is konstant besig om te soek vir inligting oor Afrikaans en die reëls wat die onderbou van die taal vorm. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het hierdie behoefte raakgesien en onlangs ’n Afrikaanse taalkundepyplyn bekend gestel wat nie net ’n eerste vir Afrikaans is nie, maar…

Lees meer
Welverdiende debuutprys aan Johan Jack Smith

Welverdiende debuutprys aan Johan Jack Smith

Om met ’n debuutroman ’n prestige prys soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys op te raap, sit nie in enige skrywer se broek nie. Johan Jack Smith het onlangs hierdie uitstaande prestasie behaal. Zola, sy boek oor ʼn reeksmoordenaar wat sy minibustaxi as ʼn soort martelkamer…

Lees meer
Koronahumor span die kroon

Koronahumor span die kroon

Taalmonument bied duisende rande aan vir kort skrywes “Hoewel ons tans tydelik weens Covid-19 gesluit is, beskou ons dit as ʼn gulde geleentheid om ons web- en sosiale mediavoetspoor onder meer mense bekend en bemind te maak. Deur hierdie kompetisie wil ons Suid-Afrikaners daaraan herinner dat ons in ongekende tye…

Lees meer
Afrikaans.com-veldtog Jy is Afrikaans as …

Afrikaans.com-veldtog: Jy is Afrikaans as …

Sedert die ontstaan van Afrikaans.com in 2016, was ons hoofdoelwit nog altyd om die uniekheid en diversiteit van die Afrikaanse taal en kultuur te vier. Verskeie veldtogte het deur die jare gevolg wat deurgaans die mooi en onmisbaarheid van Afrikaans en sy leefwêreld omarm het. En nou maak ons weer…

Lees meer
Suidoosterfees gebruik ’n aanlyn verhoog om hoop te bring

Suidoosterfees gebruik ’n aanlyn verhoog om hoop te bring

Die Suidoosterfees het tydens die inperkingsperiode ’n musiekvideo opgeneem wat op 27 April (Vryheidsdag) vrygestel is. Laurika Rauch se bekende lied “Hot Gates” word in dié video deur die sangeres en die Libertas-koor uitgevoer. Die lied is tydens die Suidoosterfees van 2018 se Konsert van Hoop deur Rauch en die…

Lees meer
Só lyk die inskrywings vir #tuisinjoutaal!

SO LYK ONS WENNERS!

Die wenners is hier! Met ons #tuisinjoutaal-kompetisie het Suid-Afrikaners gewys dat Afrikaans deur niks ingeperk kan word nie … selfs ook nie deur ‘n dodelike virus nie! Dit was nie maklik nie … maar die beoordelaars se besluit is uiteindelik gefinaliseer… Kyk saam deur ons keur van wenners! Kompetisie 3:…

Lees meer
Só lyk die inskrywings vir #tuisinjoutaal!

Só lyk die inskrywings vir #tuisinjoutaal!

Afrikaans kan nie aan bande gelê word nie … dis kleurvol, kreatief en selfs ’n gebeurtenis soos Covid-19 kan dit nie keer nie! Oor die afgelope drie weke het Afrikaans.com die publiek in drie verskillende kompetisies uitgenooi om ons te wys hoe #tuisinjoutaal lyk … Hiermee ons gunstelinginskrywings.  Die nege wenners sal…

Lees meer
Praat saam oor Covid-19

Praat saam oor Covid-19

Afrikaans.com het met die publiek hande geneem om woorde te vind vir al die vreemde dinge wat ons skielik beleef. Koeshoes, ramafobie, moedgoed en boudgoud is enkele van die inskrywings wat vir ons #tuisinjoutaal-kompetisie ontvang is … Hoe lyk die Cov-woordeboek in sy geheel? Laai die PDF gratis af en…

Lees meer
So praat ons COVID-19 … in Afrikaans

So praat ons COVID-19 … in Afrikaans

Sedert die uitbreek van die COVID-19-pandemie, word ons daagliks gebombardeer met inligting en feite oor die groot C en die VIRUS, maar baie daarvan in Engels. Soos altyd, het ons Afrikaanspraters nie op ons laat wag nie en was die taalwerkers en media hard aan die werk om “nuwe” of dan…

Lees meer
Covid 19 Empty Theatre

Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf reageer op COVID-19

Te midde van die COVID-19-pandemie en president Cyril Rhamaphosa se besluit dat byeenkomste van meer as ’n 100 persone gestaak moet word, word sommige industrieë en individue meer geraak as ander … Onderwysers is in kennis gestel dat hul klaskamers vir eers sluit en al meer besighede stuur werknemers huis…

Lees meer
Kommuni-keur-bannier

Afrikaans.com se keur van doene-en-dinge vir Maart

Skaars is ’n mens se nuwejaarsvoornemens gemaak, dan is dit reeds Maart … die Valentynsjokolades is vervang met paaseiers en, dalk vroeër as gewoonlik, byt die eerste winterkoue in die lug. Waarmee is Afrikaans dié maand besig? Van musiek tot selfverryking … hiermee ons gunsteling- doene-en-dinge vir die volgende dertig…

Lees meer
Vloek

Vloek met flair (en voorbehoud)

Nie almal hanteer vloek dieselfde nie. Vir sommiges is dit bevrydend. Vir nog ander veroorsaak dit ongemak. Hetsy jou opinie daaroor, is die volgende so onvermydelik soos sommige mense se gebruik van kragwoorde in die verkeer: Dit ís deel van ons taal. Maar, waar pas dit in? En hoe definieer…

Lees meer
nuwe neigings

Nuwe neigings in Afrikaans, of is dit nou trends …

Hoe spel jy dit? Is dit nou een woord, of twee of ’n koppelteken … en wat vir ’n ding is ’n afstandskoppelteken? En is dit nou ’n anglisisme of ’n leenwoord? In die nuwe (2017) Afrikaanse woordelys en spelreëls is daar ’n hele paar leenwoorde uit Engels opgeneem, maar nie voor…

Lees meer
'n Viering van Afrikaans - Hartstaal kontreitaal en soveel meer

‘n Viering van Afrikaans – hartstaal, kontreitaal … en soveel meer!

“Kind, as djy wil regte Afrikaans praat, doenit! Dis waam mamma jou lat opleerit; Kritisaais skrywers wat skryf soes mamma praat, maa moenie ve’wag mamma moe nou change nie.” – Gedig in Kaaps deur Peter Snyders Afrikaans is ’n familie van dialekte, daarom lyk die Afrikaanse spreektaal anders as Standaardafrikaans (wat ons…

Lees meer
’n Leerstoel en beursgeld vir Afrikaans by die US

’n Leerstoel en beursgeld vir Afrikaans by die US

Die Universiteit Stellenbosch (US) en Afrikaans is ’n Leerstoel vir Afrikaanse taalpraktyk en beursgeld vir studente wat nagraads in Afrikaans wil studeer, ryker. Die reusebydrae is deur Ton Vosloo en sy vrou, Anet Pienaar-Vosloo, gemaak en strek oor ’n tydperk van vyf jaar. Ton Vosloo en sy vrou Anet Pienaar-Vosloo…

Lees meer
Jou tuin is ‘n fees van Afrikaans!

Jou tuin is ‘n fees van Afrikaans!

Dit is Tuindag op Sondag, 20 Oktober en wanneer dit kom by blom- en plantname, is Afrikaanssprekendes beslis nie op hul bek geval nie. Afrikaanse blom- en plantname, vorm ʼn onlosmaaklike deel van die Afrikaanse woordeskat wat in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal opgeteken word. Krismisrose, kanferfoelie, verbleikblom en tjienkerientjees ……

Lees meer
Teksredaksie verken alle aspekte van geskrewe Afrikaans

Teksredaksie verken alle aspekte van geskrewe Afrikaans

As jy met Afrikaans werk of bloot net belangstel in die verskillende aspekte van taal, is hierdie nuwe webblad beslis vir jou. Die bekende taalghoeroe Jana Luther, onder meer redakteur van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT6), is die redakteur van dié nuwe projek wat ten doel het…

Lees meer
Musikante gesels oor hul taalerfenis …

Musikante gesels oor hul taalerfenis …

24 September is Erfenisdag. ’n Dag waarop ons opnuut ons taal en kultuur vier. Dink maar aan plekke van wetenskaplike belang, ons nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiek, ensvoorts. Dit alles vorm deel van wie ons is. Daarom moet ons dit koester. Maar, Erfenisdag is ook ’n dag van…

Lees meer
Die herstandardisering van Afrikaans

Die herstandaardisering van Afrikaans

Dít is jou Afrikaans en dít is my Afrikaans … Stel jou voor: ’n Gesin wat in die Kaap woon. Nog ’n huishouding in Kimberley, en nog een in Gauteng. Al dié mense praat Afrikaans, dikwels ook Engels, en ander tale tussenin. By die huis, by die werk, by die…

Lees meer
Gelyke Kanse en die US stamp kop oor taalbeleid

Gelyke Kanse en die US stamp kop oor taalbeleid

Die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit Stellenbosch (US) is nou in die hande van die Konstitusionele Hof. Die Universiteit Stellenbosch (US) en die Gelyke Kanse-beweging is in afwagting vir die uitslag van die konstitusionele hof oor die US se taalbeleid. Dit is ’n toetssaak in die Konstitusionele Hof rakende die omstrede kwessie van…

Lees meer
Afrikaans – ‘n Herwinningsprojek

Afrikaans – ‘n Herwinningsprojek

Dr. Hercules Boshoff is ’n navorser en vertaler in filosofie. Hy is medestigter en tans voorsitter van die Chairefoon-inisiatief chairefoon.co.za, ’n organisasie wat Afrikaanstalige filosofie bevorder, en betrokke by die NAWG (Nederlands-Afrikaanse Wysgerige Genootskap), wat dialoog tussen Afrikaans- en Nederlandstalige filosowe bevorder. Die tyd waarin ons leef word gekenmerk deur die…

Lees meer
Kunstekaap-bedryfshoof ontvang toekenning vir sosiale transformasie deur kultuur

Kunstekaap-bedryfshoof ontvang toekenning vir sosiale transformasie deur kultuur

“Ek het hulde gebring aan mense in Wellington wat my steunpilare was en in my geglo het.” – Marlene le Roux Dr. Marlene le Roux, sedert 2015 uitvoerende bedryfshoof van Kunstekaap-teater en ’n beskermvrou vir Afrikaans, het op 24 Junie 2019 die gesogte Fair Saturday Foundation-toekenning vir “sosiale transformasie deur kultuur” in Spanje ontvang.…

Lees meer
Woorde wat sin maak van jou wêreld

Woorde wat sin maak van jou wêreld

VivA se gratis woordeboek van moderne Afrikaans Ons lewe in ’n wêreld wat deurentyd verander. Met woorde probeer ons van dié wêreld sin maak. Elke dag is daar nuwe dinge wat benoem moet word, nuwe gebruike van bestaande woorde wat verduidelik moet word. Woordeboeke van lewende tale moet daarom deurentyd…

Lees meer
Instagramblaaie

Wat is die storie agter jou gunsteling- Afrikaanse Instagram-blaaie?

Daar word daagliks nuwe lewe in Afrikaans geblaas deur die groot aantal Instagram-blaaie wat die taal ondersteun. Ons gee jou ’n kykie na van ons gunstelinge. Sommige van die skeppers verkies om onder die radar te bly… maar Afrikaans.com het hulle opgespoor en gevra wat jy weet! Losmynoedelsuit Instagram: @losmynoedelsuit Facebook: @losmynoedelsuit…

Lees meer
Ontmoet SADiLaR

Ontmoet SADiLaR

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne “Deur taal kommunikeer ons met die wêreld. Deur taal definieer ons identiteit. Deur taal druk ons geskiedenis en kultuur uit. Deur taal verdedig ons menseregte. Deur taal neem ons deel aan alle aspekte van die samelewing … “ – Internasionale Jaar van Inheemse Tale…

Lees meer
Span Twitter in om inheemse tale en kulture te bevorder

Span Twitter in om inheemse tale en kulture te bevorder

Daar is nou ’n Twitter-rekening wat ten doel het om  nuwe lewe in die moedertaalkwessie te blaas en die profiel van Afrikatale en -kulture aanlyn te verhoog. Dit is ’n inisiatief deur taalaktiviste wat wil seker maak inheemse tale behou ‘n volwaardige plek in ons taallandskap. En watter beter manier as digitale media om veral…

Lees meer
Video van die week

Video van die week:

Milanie Vosloo, Afrikaans.com-projekbestuurder, gesels op die Groot Ontbyt oor Internasionale Moedertaaldag wat op 21 Februarie gevier is en die belangrikheid van moedertaalonderrig.

Lees meer
Hoe taalbeleid prestasie op skool en daarna raak

Hoe taalbeleid prestasie op skool en daarna raak

Elke Januarie is almal op hete kole oor die jongste matriekuitslae en word ’n mens heuning om die mond gesmeer oor die sogenaamde “verbetering” in die uitslae en die persentasie leerders wat kwansuis matriek gemaak het. Wat ’n mens egter nie uit die oog moet verloor nie, is wat beteken…

Lees meer
Die Afrikaans van die Kaapse Moslems …

Die Afrikaans van die Kaapse Moslems …

Van links: Marlene le Roux (voorsitter: SBA), Fatima Allie (direksielid: SBA), Michael Jonas (direkteur: Historium Trust en Afrikaanse Taalmuseum- en monument), Ria Olivier (programbestuurder: Afrikaanse Taalraad), Hein Willemse (redakteur, Die Afrikaans van die Kaapse Moslems) en Jacob Meiring (projekleier: SBA) – (Foto’s Menán van Heerden – uit artikel op LitNet) “‘n…

Lees meer
Wenke rakende die behoud van Afrikaans

Wenke rakende die behoud van Afrikaans – wat om te doen?

Hou aan om Afrikaans te gebruik waar dit kan. Lewe jou volle menswees in Afrikaans uit. Jy kan baie met en in Afrikaans doen. Maak Afrikaans ʼn leefwyse: “Gesels in Afrikaans, kuier in Afrikaans, sing in Afrikaans, bid in Afrikaans en vry in Afrikaans” aldus R. Swart (2017: 13). Wees eerder ʼn ambassadeur…

Lees meer
Afrikaans Almal se taal

Afrikaans: Almal se taal

“Afrikaanse mense kyk anders na die wêreld. Daar is die droë humor wat nie altyd deur ander waardeer word nie. Daar is die reguit manier van praat. Daar is die woorde wat jy nie kan vertaal nie. En emosies wat jy net in Afrikaans kan beskryf.” – Harry Kalmer  Maar daar…

Lees meer
Namibiërs se passie vir Afrikaans

Namibiërs se passie vir Afrikaans

Gedink DNS is die Afrikaans vir DNA en staan vir deoksiribonukleïensuur, die belangrikste draer van alle erflike inligting in mense en diere? Natuurlik staan dit daarvoor, maar dis ook die afkorting vir ʼn groep wat onlangs die lig gesien het: Die Namib Skryf, of te wel DNS. Alita Steenkamp het meer oor hulle gaan…

Lees meer
Afrikaans as universiteitsvak

Afrikaans as universiteitsvak? Studente en kenners deel hul insig.

Is Afrikaans as universiteitsvak se dae getel of is daar steeds ’n blink toekoms vir ons moedertaal? Ons nader ’n paar kenners en studente om hul gevoel daaroor te kry. Hoeveel studente studeer nog Afrikaans tot op honneurs- of doktorsvlak? Prof. Burger sê: “In die eerste jaar wissel die getalle…

Lees meer
Oostelike Afrikaans (Oosgrensafrikaans)

Oostelike Afrikaans (Oosgrensafrikaans)

Die Oostelike Afrikaanse variëteit staan ook bekend as Oosgrensafrikaans, Voortrekkerafrikaans, Boere-Afrikaans en Transvaalse Afrikaans. Dit word beskou as die grondslag van Standaardafrikaans. Oosgrensafrikaans Oosgrensafrikaans is hoofsaaklik gepraat deur die Europese trekboere wat sedert 1836 na die oosgrens van die kolonie getrek het en later na die binneland om die Boererepublieke…

Lees meer
Skaak in Afrikaans!

Skaak in Afrikaans!

Skaakmat.co.za bied kursusse vir beginners en gevorderde spelers aan … in Afrikaans. Skaak is lekker en boonop maak dit jou slim. Om dit boonop in jou moedertaal, Afrikaans, te leer, is nog ’n pluspunt. Daar is verskeie maniere om skaak te leer speel. So kan jy leer speel by ’n familielid…

Lees meer
Braille in Afrikaans

Braille in Afrikaans

Outomatiese braillering van Afrikaanse teks is nou moontlik. Foto – Regs voor: De Pallier Gerber (wat die rekenaarprogram ontwikkel het) en van links agter: Paul Greyling, hoof van die Pionierskool vir Blindes, prof. Lynette van Zijl (navorser in die US se afdeling rekenaarwetenskap) en Hannes Byleveldt, adjunkhoof van die skool en inisieerder…

Lees meer
Die Bo-Kaap en Afrikaans

Die Bo-Kaap en Afrikaans

“Ons geskiedenis maak ons ryk. Was dit nie vir die slawe en die Khoisan nie sou Afrikaans nooit bestaan het nie … Ons taak is baie groot … om die ware storie van Afrikaans wyd en syd te vertel.” – Max du Preez Die ATKV (Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging) het op Saterdag,…

Lees meer
Uitgewers belê in die Afrikaanse boekebedryf

Uitgewers belê in die Afrikaanse boekebedryf

Terwyl Afrikaans as onderrigtaal toenemend die wind van voor kry, is dit verblydend om te sien dat die Afrikaanse boekebedryf stewig op koers is. Navorsing het bewys dat Afrikaanssprekendes in Afrikaans wil lees en daarom ondersteun hulle lojaal die mark en bly Afrikaanse boeke koop. Van die plaaslike uitgewers wat…

Lees meer
Doendinge vir die bevordering en uitbou van Afrikaans

Doendinge vir die bevordering en uitbou van Afrikaans

Die praat van Afrikaans alleen is daarom beslis nie voldoende nie – soos so baie onkundige meningsvormers dikwels aanvoer. Dit raak ook ander stappe: gebruik, ondersteun, bevorder, uitbou, ens. En hiervoor is die steun van elke Afrikaanssprekende nodig. En natuurlik ook die wíl om die taal in stand te hou en uit…

Lees meer
Jou taal: Hoekom is dit so ’n emosionele saak?

Jou taal: Hoekom is dit so ’n emosionele saak?

Taal en enige kwessies rakende taal ontaard vinnig in emosioneel belaaide situasies. Kyk maar wat het by Hoërskool Overvaal in Vereeniging afgespeel toe die hooggeregshof bevind het dat die skool nie 55 Engelssprekende leerders hoef in te neem nie. Betogings en bekgevegte oor Afrikaans is nie vir Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners ‘n…

Lees meer
#onmisbaar vir Afrikaans – Ton Vosloo

#onmisbaar vir Afrikaans – Ton Vosloo

“Willie Hofmeyr, eerste voorsitter van Naspers, se oom (’n dominee) het gesê: ’n Taal sonder ’n kommersiële basis sal kwyn en doodgaan.’ En ek stem daarmee saam. Dit is hoekom ons voortdurend daarna streef om ons koerante, tydskrifte en boeke relevant en nuttig te hou en waarom ons in nuwe…

Lees meer
Bruin en Afrikaans

Bruin en Afrikaans

Lees meer: Meer oor dr Michael le Cordeur – pedagoog en taalman: LitNET. Huldeblyk aan Adam Small deur dr Michael le Cordeur op LitNET. Die kwessie van Kaaps: Afrikaansonderrig op skool benodig ‘n meer inklusiewe benadering – ’n Navorsingsartikel deur dr. Michael le Cordeur. Lees ook op LitNET oor die boek, Ons kom van vêr.…

Lees meer
Nuwe perspektiewe op taal, literatuur en kultuur

Nuwe perspektiewe op taal, literatuur en kultuur

Dit was ’n broodnodige byeenkoms wat die geleentheid gebied het om hernude aandag te vestig op die verskeidenheid Afrikaanse taaluitings en kulturele vorme in die Noord-Kaap en ’n ideale geleentheid vir rolspelers, akademici, navorsers, kultuurwerkers en studente om opnuut te fokus op geleenthede en projekte wat kan lei tot die…

Lees meer
Is die tyd ryp vir ‘Vrye Afrikaans’

Is die tyd ryp vir ‘Vrye Afrikaans’?

Die verskuiwing en groei in die opvattinge oor Afrikaans hou diep verband met ’n beter begrip van die herkoms van die taal. Die boustene van Afrikaans was dus die onderwerp tydens vanjaar se paneelbespreking by die taalmaandvieringe in die Paarl. Die geleentheid is deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Afrikaanse Taalmonument en…

Lees meer
Afrikaners wat Afrikaans bevorder

100 Afrikaners wat Afrikaans bevorder

Adam Tas – Vir sy bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaanse musiek. Me. Alana Bailey – vir haar bydrae as uitvoerende hoof van Kraal Uitgewers om historiese en hedendaagse boeke van hoë gehalte uit te gee. Adv. Albert Lamey – vir sy bydrae in die regsomgewing en betrokkenheid in die…

Lees meer