R250 000 skenking vir die ATKV-boektrommelprojek

Prof. Carel Jansen

“In enige land is dit belangrik  dat daar ’n mate van geletterdheid moet wees. Enige landsburger moet argumente en standpunte kan vorm en oor goeie leesvaardighede beskik.” – Prof. Carel Jansen

Prof. Carel Jansen, ’n afgetrede dosent in die departement kommunikasie- en inligtingstudies aan die Groningen-Universiteit in Nederland, het ‘n sagte hart vir ons kinders. Dit is veral vir hom belangrik om kinders die geleentheid te gee om toegang tot boeke en lees te kry. Om hierdie droom te verwesenlik het prof. Jansen oor die afgelope paar jaar meer as R250 000 ingesamel om Suid-Afrika se kinders aan die lees te kry. Hy het deur die inisiatief organisasies en individue aangespoor om ’n bydrae tot die Vriende van Afrikaans (VVA) se boektrommelprojek te maak. So het hy en sy vrou byvoorbeeld op hul 25ste troudagvieringe die gaste gevra om nie geskenke te bring nie, maar liewer ’n bydrae vir die trommels te maak.

“Dis vir my lekker om te weet ek kan help om iemand se honger vir lees te stil.”

Prof. Jansen het Amanda Stadler, bestuurder van die VVA, tydens een van sy besoeke aan Universiteit Stellenbosch ontmoet en dadelik besluit om ’n bydrae tot die VVA se wonderlike projek te maak. “Danksy kollegas en vriende van Carel wag sewe kleuterskole op boektrommels vol heerlike, nuwe prenteboeke vol stories,” aldus Amanda.

Lees die res van die artikel en ook meer oor die VVA se boektrommelprojek en hoe jy ’n skenking kan maak, op die ATKV se webblad.

Lees ook …

Die verskil wat die boektrommelprojek maak. Klik hier

Die Vriende van Afrikaans voeg daad by die woord. Klik hier

Amanda de Stadler, bestuurder van die VVA, saam met ‘n paar kleuters.