Google Maps in swak Afrikaans …

Die gewilde Google Maps-sagteware wat menige van ons al uit die verknorsing gered het, het pas 37 tale toegevoeg wat glo ‘n verdere 1.25 miljard mense wêreldwyd toegang tot die diens in hul eie taal, gee.

Afrikaans en Zulu is ingesluit, maar laat veel te wense oor.

Volgens Business Insider South Africa wat self gaan toets het, is die aksent so swaar dat jy moeilik kan hoor wat die blikkerige stem sê en dat die uitspraak van veral plekname, verwarrend is, dat die sinskonstruksie veel te wense oorlaat en dat die Google Maps-Afrikaans oor die algemeen vreemd op die oor klink.

Google Maps was tot nou toe net in Engels in Suid-Afrika beskikbaar. Google, wat besit word deur Alphabet.Inc, sê Google Maps- en Waze-toepassings is wêreldwyd die gewildste apps op slimfone en Google Maps is 14 jaar gelede in die VSA geloods.

James de Villiers skryf vir Business Insider dat Suid-Afrikaners gemiddeld 36 ure per week in hul voertuie deurbring. Bykans 7 miljoen mense praat Afrikaans en meer as 11 miljoen mense praat Zulu. Dit is dus nie vreemd dat hierdie tale ingesluit word nie. Google Maps het ’n graderingstelsel en dit maak sin om jou kommentaar hier te los. Ons kan net hoop dat die nodige aanpassings gedoen word sodat ons die diens in ons eie taal ten volle kan benut … selfs die beskrywing hier is deur ‘n blikbrein …

Klik hier om te sien watter ander tale toegevoeg is.

Lees ook

Ons wil jou soektog vergemaklik! Loer in ons argiewe of benut die soekfunksie.


Waarna soek jy?