Ons Afrikaanse erfenis. (Foto middel: Goeie Huishouding)

FAK: Internasionale Afrikaans-ekspo

– ‘n skryf- en kreatiewe kunstekompetisie vir leerders en studente

Die Internasionale Afrikaans-ekspo is ’n skryf- en kreatiewe kunstekompetisie vir skoolleerders en studente in Suid-Afrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans gebruik en/of bestudeer word. Veral studente van Afrikaansdepartemente aan universiteite regoor die wêreld word aangemoedig om deel te neem. Lande sluit in Wes- en Oos-Europa, Australië en Nieu-Seeland, Kanada en die VSA.

Leerders van graad 6 tot 12 en studente kan aan die opwindende en GRATIS skryfkompetisie deelneem. Die kompetisie fokus veral op die kreatiewe hantering van Afrikaans.

Vanjaar se tema: Erfenis

Vanjaar se tema is ERFENIS. Erfenis is al omskryf as “dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur”. Maar moet nie vergeet van ons musiekerfenis, ons koserfenis, ons taalerfenis en selfs ons erfenis ten opsigte van grafstene nie. Daardie lekker koeksisters …

Hoe om deel te neem

Inskrywings kan op drie maniere ingedien word:

  • Aanlyn by ekspo.fak.org.za, waarna die deelnemer ’n verwysingsnommer ontvang. Die dagboekinskrywing, resensie, opstel, gedig en kortverhaal moet in pdf- of jpeg-formaat aangeheg word.
  • Per e-pos na ekspo@fak.org.za. Indien hierdie metode gevolg word, moet elke inskrywing vergesel wees van ‘n leerderinskrywingsvorm.
  • Per hand by die FAK-kantoor op die Voortrekkermonument-terrein, Pretoria. Skilderkuns en fotografie kan slegs per hand ingehandig word. Indien hierdie metode gevolg word, moet elke inskrywing vergesel wees van ‘n leerderinskrywingsvorm.

Alle inskrywings moet teen 31 Julie 2018 ingehandig wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Hoe vind die beoordeling plaas?

Daar is verskillende fases van beoordeling. Slegs nasionale beoordeling sal plaasvind. Leerders word volgens ouderdomsgroepe beoordeel. In elke afdeling en elke kategorie volgens die ouderdomsgroepe sal ‘n wenner aangewys word. Die organiseerders behou egter die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings in ‘n kategorie is of as die standaard nie hoog genoeg is nie, nie ‘n wenner in die spesifieke kategorie aan te wys nie.

Nasionale beoordeling: 1-30 Augustus 2018

Wenners word bekendgemaak: Eerste week in September 2018 en deelnamesertifikate word versend. Hierdie sertifikate kan by skole se prysuitdelings oorhandig word.

Wat is op die spel?

  • Elke kategoriewenner ontvang ’n prys.
  • Die wenskool ontvang R10 000. Die wenskool sal volgens ‘n formule bepaal word. Die volgende sal bv. in ag geneem word: persentasie inskrywings, hoeveelheid wenners, deelname aan verskeidenheid kategorieë.
  • ‘n Algehele wenner wat die uitblinker was en die tema die beste beskryf het, of dit nou deur ‘n foto, opstel of gedig was, word aangewys.
  • Die wenner ontvang die wisseltrofee en R5 000 kontant word gegee vir haar/sy skool.
  • Skole en wenners van afdelings kry mediablootstelling.

Vir navrae: Chrisna Nel 083 460 6017

Vir voorskrifte en leiding in die verskillende kategorieë, asook inskrywingsvorm, kyk hier: ekspo@fak.org.za

Meer oor die FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is in 1929 gestig. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied, ons Afrikanergeskiedenis positief bevorder en jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur.

Lees meer:

Oor die FAK. Klik hier

Oor die Afrikaans-ekspo. Klik hier

Video’s wat leerders met kreatiewe skryf kan help (in Engels). Klik hier

Kreatiewe skryfmodule: Wenke vir onderwysers. Klik hier

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!