Die Afrikaanse Taalraad – ‘n dekade lank reeds deel van die Afrikaanse taallandskap.

Praat… skryf… spel JOU Afrikaans… “Standaardafrikaans is vriendelik en behoort aan elkeen wat die taal praat. Standaardafrikaans is nie ’n dialek nie… dis ’n ding wat gemaak word deur sy sprekers. Dit is ’n vriendelike kommissie wat Standaardafrikaans maak. Hulle kan hom maak soos sy sprekers wil hê dit moet lyk… maar ons moet die ding doen. Ons moet hulle rede gee om dit anders te maak.” – Prof. Christo van Rensburg.

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) vier vandag, 24 Mei 2018, hul 10de bestaansjaar.

Die lank gekoesterde ideaal van ‘n saambindende, grondwetlik erkende liggaam vir Afrikaans is verwesenlik toe die Afrikaanse Taalraad op 24 Mei 2008 in die historiese Goodenough-saal in Wellington tot stand gekom het.

Hierdeur is die weg gebaan om met beleidmakers in gesprek te tree wanneer die taalregte van Afrikaanssprekers bedreig word, ‘n verdeelde Afrikaanse gemeenskap nader aan mekaar te bring, met Afrikaanse gemeenskappe landwyd te konsulteer oor knelpunte vir die taal en sy sprekers, en om alliansies met ander inheemse tale aan te gaan – gemik op ‘n regverdige taalbedeling vir almal in ons land.

Die 2017-Matriekberaad was een van die geleenthede waartydens die Afrikaanse Taalraad kon uitreik en brûe bou. Kyk hier …

Die ATR kyk vandag met dankbaarheid terug op die pad waarlangs die organisasie gekom het.  Ons salueer almal vir hul uitsonderlike bydraes om die organisasie en sy doelwitte te bevorder:  ons borge, die onderskeie ATR-besture, ons lidorganisasies en ons talle vennote/medewerkers.   Ons sien met verwagting daarna uit om die volgende dekade en sy uitdagings aan te durf – in belang van ons taal en sy sprekers en hand aan hand met die sprekers van die ander inheemse tale.‘‘ – Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad).

‘n Kykie na enkele hoogtepunte van die afgelope 10 jaar.

Die eerste ATR-direksie is op 24 Mei 2008 in die historiese Goodenough-saal in Wellington verkies.

Prof. Wannie Carstens en dr. Michael le Cordeur, twee voormalige voorsitters van die Afrikaanse Taalraad.

Prof. Anne-Marie Beukes (voormalige ATR-voorsitter).

Onderwyskonferensie, Kunstekaap 2010.  Links voor sit wyle dr. Neville Alexander, gedoop Die ridder van moedertale.

Koker-ontvangers 2013, Cerneels Lourens, Adam Small en Bonfa Dlamini by prof. Jacques van der Elst (voormalige ATR-hoof).

Vrouedag, Wellington 2013, ATR-lede by Lynette Francis van RSG.

ATR-lede by Griekwas van Campbellgronde, 2014.

ATR-bestuur by Herkomsseminaar 2017:  Dr. Conrad Steenkamp (ATR-hoof), Fatima Allie (ATR-ondervoorsitter), Japie Gouws (ATR-voorsitter)

Dr. Hendrik Theys by Kokerwenners 2017.

Lees ook:

Is die tyd ryp vir ‘Vrye Afrikaans‘? Dit was die onderwerp tydens 2017 se taalmaandvieringe in die Paarl. Die geleentheid is deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM) moontlik gemaak. Klik hier.

Meer oor Afrikaans.com se beskermhere en –vroue wat ook diep spore trap in die Afrikaanse taallandskap en verbonde is aan die ATR:

Prof. Anne-Marie Beukes.

Dr. Hendrik Theys

Japie Gouws

Dr. Michael le Cordeur

Prof. Wannie Carstens

Fatima Allie is ’n ambassadeur vir Afrikaans. Lees meer.

Dr. Neville Alexander. Lees meer hier.

Adam Small-fees 2018; en ons eer prof. Small se nagedagtenis.

Kokertoekennings 2017 – Afrikaans.com se ambassadeurs het geskitter. Klik hier.