Liebenberg Primêr spog op Internasionale Moedertaaldag

Die onthulling van die pragtige en kleurvolle muurskildery was ‘n dag wat die leerders van Liebenberg Primêr nie sommer sal vergeet nie. Afrikaans.com saam met hul vennote, die ATR (Afrikaanse Taalraad), Vriende van Afrikaans (VVA – ‘n divisie van die ATKV) en Fedsas, het die 1 780 leerders van die skool geïnspireer om trots te wees op hul moedertaal, hul gemeenskap en hul unieke identiteit. Die dag is afgesluit met ‘n optrede deur Whaden Johannes – ‘n boorling van Mamre. Whaden het deur middel van sang sy storie van inspirasie met die leerders gedeel.

Van links na regs: Die gaskunstenaar, Whaden Johannes, Melvina Mason Hearne (ATKV), mnr. J. Mouton, Ria Oliver (ATR), Ursula Esau, Janine Adonis (skoolhoof), Monica Stanley, René Arendse (Afrikaan.com), Cheraldine van der Merwe (VVA).

Talle leerders het nie gereelde toegang tot Afrikaanse boeke nie en van die skole se hulpbronne is ook dikwels skraps. Met die muurprojek skep ons ‘n bewustheid en word leerders aangemoedig om Afrikaans te geniet en te gebruik. Vriende van Afrikaans het Liebenberg Primêr verras met ‘n boektrommelskenking ter waarde van meer as R8 000. Me. Cheraldine van der Merwe van Vriende van Afrikaans (VVA) het leerders aangemoedig om te lees en ‘n liefde vir lees te ontwikkel. Me Ria Olivier van die Afrikaanse Taalraad het leerders bewus gemaak van respek vir ander tale en leerders gehelp om groot te droom oor hul toekoms.

Cheraldine van der Merwe (VVA) oorhandig die boektrommelskenking aan Janine Adonis, skoolhoof by Liebenberg Primêr.

VVA se boektrommelskenking. 

Die graad 2’s het “Die lappop”, opgevoer. Hier is die leerders saam met me. J. Carolissen en René Arendse.

Die Afrikaans.com-muurspan wat behoorlik moes swoeg en sweet in die Malmesbury-son om die muur betyds klaar te hê: Justin Henning, Jessica Wright, Elmarie Wright en René Arendse(projekkoördineerder). 

Leerders van Liebenberg Primêr.

Die graad 3-leerders het die gedig, ‘Ons skool’,voorgedra. 

Die graad 1’s het die gehoor vermaak met die Dapper Muis. Al ooit sulke oulike muise gesien?

Die mooie dames spoggerig voor die muur: Ria Olivier (ATR), Melvina Mason Hearne (ATKV), Cheraldine van der Merwe (VVA), Janine van Reenen (voorsitter, SBL), M Marsh(SBL), M Lottering (SBL), Janine Adonis (skoolhoof) en René Arendse.