Afrikaans.com se muurprojek by skole skep trots en eiewaarde

“Saam is almal trots op die viering van ons eie moedertaal … in ‘n gemeenskap waar dinge gebeur … in Afrikaans!”

René ArendseProjekkoördineerder, Afrikaans.com-muurkunsprojek

Kyk hier na die volgende skole:

Kyk hier na ons 2017-muuronthullings:

Afrikaans is die taal van al sy sprekers. Tog het nie almal in alle gemeenskappe ewe veel toegang tot die viering van hul taal nie. By Afrikaans.com glo ons dat inspirasie tot aspirasie lei en my identiteit van wie ek is en hoe ek myself uitdruk, ‘n trots en eiewaarde skep. Daarom het ons ook vanjaar baie spesifieke gemeenskapsprojekte waardeur ons veral skoolleerders deur visuele muurprojekte wil inspireer.

Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en positiewe van Afrikaans in skoolverband uit te lig.

Die Afrikaans.com-span verf vanjaar (2018) weer een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog word met foto’s en videomateriaal op sosiale media geaktiveer.

Hoërskoolleerders sal aangemoedig word om met die hutsmerk #droomgroot, op sosiale media deel te neem en op kreatiewe maniere en deur gebruik te maak van selfies en video’s, hulle drome en talente voor die muurskildery met ons te deel, en Afrikaans.com verskaf lekker pryse. By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig.

Die muur kry ‘n nuwe baadjie

2018 se muurkuns bestaan uit helder prente waarmee laerskoolleerders hulself kan vereenselwig en beeld die woorde visueel uit. Die kunswerk het veral ten doel om leerders se verbeelding en ‘n liefde vir lees en stories, aan te moedig.

Meer oor die muurkunsprojek

Die muurprojek herinner leerders, onderwysers en die gemeenskap om trots te wees op die uniekheid van hulle kultuur, hulle skool, gemeenskap en Afrikaans as ons moedertaal. Hierdie projek het ook bygedra tot ‘n hernieude trots in Afrikaans en leerders geïnspireer om hulle identiteit van wie hulle is en hoe hulle hulself uitdruk, opnuut aan te gryp.

Die mure word oor twee dae geverf waarna die voltooide muur met ‘n spesiale program onthul word. Leerders word aangemoedig om aan die program deel te neem en die program is telkens daarop gerig om te inspireer en leerders daaraan te herinner dat elkeen van hulle sukses kan behaal – solank hulle in hulleself glo en hard werk.

Vir meer oor die muurprojek, stuur ‘n e-pos aan die projekkoördineerder, René Arendse: rene@afrikaans.com