Ambassadeurs

Ons Ambassadeurs is mense met ’n hart vir Afrikaans. Hulle werk vir Afrikaans, neem eienaarskap op grondvlak en inspireer ander. Hulle suksesstories het een ding in gemeen: Afrikaans is die held. Elke Ambassadeur vir Afrikaans maak ’n wesenlike bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse leefwêreld. Hier gee ons erkenning aan mense wat hul passie vir Afrikaans lééf!

Ambassadeursprojekte

Klik hier om meer te leer van ons ambassadeursprojekte.

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!