Agter die skerms

Ciaran Coetzee, Kaapstad

“Ek het ’n sagteplek vir *%!%*polisiekar.”

Hoewel Ciaran nie regtig Afrikaanse musiek luister nie is daar ’n sagteplek in sy hart vir*%!%*polisiekar. Hy is ’n ou wat met syfers toor en werk in ’n rekeningeafdeling van ’n bekende maatskappy in die Tuine, Kaapstad. “Ek was gelukkig genoeg om Ingrid Jonker se gedigte op ‘n jong leeftyd te ontdek en haar werk het ‘n kragtige indruk op my gemaak.” Skobbejak, pantoffel en gaaf is sy gunsteling Afrikaanse woorde en waterblommetjiebredie is ‘n lekker woord om te sê … “nie noodwendig om te eet nie!” Sy lekkerste Afrikaanse sêding is: “Meng jou met die semels en die varke vreet jou op!”

Ruthford-/Cyster-gesin

“Laat jou tanne bietjie afkoel.” (Lag meer.)

Hier is baie lag, en dit boonop in Afrikaans, rondom die tafel van ma Ilse en pa Hilton Ruthford en grootouers, Julie en Henry Cyster van die Paarl, en dit spoel regdeur tot by die kinders. Hul lekkerAfrikaanse woorde soos lekkers, toffieappels, koeksisters, mosbroodentjop-en-dop, sê iets oor kuier en gesels oor ouderdomsgrense heen. Ditsem en aitsa is woorde wat jy gereeld aan tafel hoor en lekker man, trots op jou, lief vir jou en allemintig … dis die hartklop van hul Afrikaans! Spreekwoorde wat die kinders al terugsê, soos: “Arm maar gesond, en elke man virhomself, maar God vir almal,” hou die Ruthford-/Cysterbloed dikker as water. Goeie musiek en boeke is diep deel van hierdie gesin se karakter. Van hul gunstelingliedjies is: Veels geluk liewe maatjie, Suikerbossie en Jalopy van Taliep Petersen en op hul boekrak sien jy van Deon Meyer tot Dalene Matthee en Ingrid Jonker.

Helgaard, Rozelle en klein Lilly Jordaan

Alla wêreld!

Alla wêreld! of Alla! enige-ding is ‘n lekker sêding vir die Jordaan-gesin van Johannesburg, maar hul gunsteling is: “Nou probeer jy botter met ‘n rooiwarmnaald in ‘n luiperd se dinges druk,” lag pa Helgaard wanneer hy gesels oor die gesin se lewendige Afrikaans. Hul lekkerste koswoord is “braai!” en die gesin is lief vir ‘n groot verskeidenheid Afrikaanse musiek. Hul vyf gunstelingliedjies is Koos Kombuis se Lisa se klavier, Koos van der Merwe se Ballade van die wegloopmerrie en Tamboerynman, Francois van Coke & Karen Zoid met Geen pretensie, geen beheer en Ons vir jou, Suid-Afrika van Stef Bos. Hul boekrak vier skrywers soos Dalene Matthee en André P. Brink, Annalie Botes en nog ‘n verskeidenheid ander.

Chantelle Lerumo

“Ek voel baie trots oor my Afrikaans. Dit voel soos my moedertaal. Ek het dit geleer van agter my ouma se rug en op haar knie – dis nou die taal wat ek elkedag praat! Afrikaans is my hartstaal.”

Chantelle woon in Kempton Park. Sokkie en langarmdans is haar ding. En haar gunstelingwoord? Braaivleis! Asook “verskriklik en asseblief” en “asseblief en dankie”. “Dis my ouma se woorde en ek sê hulle elke dag.” Een van Chantelle se gunstelingliedjies is Pampoen van Steve Hofmeyr.

Troy Brutus

“Alles wat ek wietwiet ek in Afrikaans.”

Troy is ‘n vakman-van-die-see. Aan die Weskus is Afrikaans die taal waarin hy visvang, kuier en droom. Sy taal is aangepaas van geslag tot geslag en so “sal ek doodgaan”. Hy moes vir die “huis help sorg”vandat hy agt jaar oud was. Die kwaai see kon hom nie terughou nie. Die skipper se woord is wet en hierdie skipper se woorde is Afrikaans.

Lees ook

Ons wil jou soektog vergemaklik! Loer in ons argiewe of benut die soekfunksie.


Waarna soek jy?

Click here to add your own text