Ons Afrikaans

Christo Smit en Alna Belendez-Retief

Jou taal is wat jou uniek maak en jou identiteit vorm. Variantsprekers lewer 'n belangrike bydrae om Afrikaans interessant en lewendig te hou. Afrikaans is so wyd soos hierdie land se horison en haar wye verskeidenheid sprekers wie se wortels hier geanker lê. Kaapse Afrikaans, Swartland-Afrikaans, Bolandse Afrikaans, Weskus-Afrikaans, Oos-Kaap-Afrikaans, Karoo-Afrikaans, Oranjerivier-/Griekwa-Afrikaans, Boesman-Afrikaans, Richtersveld-Afrikaans, Ghoema, Soweto-Afrikaans en nog meer.

Kom gesels saam!

Afrikaans.com nooi jou uit om saam te gesels – of dit nou hogere Afrikaans, straat-Afrikaans, duidelik-Afrikaans, Kaaps, Namakwalands of jou eie manier van Afrikaans praat is ... Vir party is Afrikaans 'n kultuurding … vir ander 'n hartsding ... en vir jou? Dis wat ons wil weet. Hier kan jy Afrikaans praat (stuur vir ons 'n stempos), of vertel vir ons jou storie, deel 'n gedig, 'n foto of 'n video. Leer ons van jou streektaal. Vertel ons van jou huistaal/moedertaal/spreektaal en verras ons oor presies waar Afrikaans 'n lêplek in jou lewe vind. So, kom gesels saam!

 

Hoe klink jy!