Ons stories

Hier sien jy Afrikaans in haar volle emosionele reënboog. Hierdie taal se horisonne is wyd en met ’n karakter so eiesoortig soos elke mens wie se wortels in hierdie kontinent geanker is. Hier beleef jy die kragtige speelsheid in vertellings, woorde en uitdrukkings ... jy sien Afrikaans getooi in al haar eenvoud, diepte, volheid en nederigheid. Jy sien haar speel, lag, dink, droom en jy ervaar hier monduitspoel, pret in Afrikaans, nuwe woorde en unieke gedagtes – dis maar net die begin van lekker blog en storievertel in Afrikaans. Ons nooi jou om te kom lees en kyk na hartelus, en ook jou eie stories, video’s of Afrikaanse blog te deel. Gee hierdie blad lewe!

Gesels saam

Stories en blogs

Woeker met die woord – Afrikaanse skrywers, bloggers, digters, skilders.

Lees hier hoe Afrikaanse bloggers, digters, musikante en skilders Afrikaans besing, beleef, beskryf en uitbeeld. Mond uitspoel, pret in Afrikaans, nuwe woorde en unieke gedagtes – dis maar net die begin van lekker blog in Afrikaans en ons nooi jou uit om jou Afrikaanse blog aan ons voor te stel sodat ons die nuus kan versprei en jy lesers kan bykry.

Lees meer ...

Op pad met Afrikaans

Anoeschka is die skrywer van onder meer Annerkant die Longdrop en Vaselinetjie. Sy was ‘Op pad met Afrikaans’ as Arikaans se ‘boesemvriendin’ en het aangedoen in verskillende streke van ons land. Ons nooi JOU nou uit om stories te deel uit jou streek. Ons wil deel in die lekker van JOU Afrikaans.
Stuur 'n e-pos aan:
myafrikaans@afrikaans.com, neem ‘n video en laai dit op YouTube, stuur vir ons die skakel of stuur foto’s en vertel jou storie. Ons wil hoor hoe jy klink! Soek jy inspirasie?

Klik hier

Ons Stories

As almal vêr is - ’n Afrikaanse Kersfees in die vreemde

14 Desember 2017

Duisende Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners noem deesdae ’n ander land as Suid-Afrika ‘huis’. Almal ken iemand wat besluit het om ’n nuwe lewe, in ’n ander deel van die wêreld, aan te pak.

Lees meer

Amerikaner sing Afrikaans en vang harte met Sonvanger

23 November 2017

’n Amerikaanse musikant van Ventura in Kalifornië is besig om haar pad na Afrikaanssprekendes se harte oop te sing.

Lees meer

Simon Witbooi het nuwe skoene om vol te staan

14 November 2017

Hy word soms ʼn straatpredikant genoem, is een van ons land se bekendste én hardwerkendste Afrikaanse hip-hopkunstenaars en sy boek, God praat Afrikaans, wat vroeër vanjaar verskyn het, verander deurgaans die lewe van die mense wat dit optel om te lees.

Lees meer

Internasionale Diabetes-maand – Vickie de Beer deel raad en resepte

14 November 2017

Vickie is die afgelope 14 jaar die kosredakteur van die glanstydskrif Rooi Rose, maar sy is ook ’n vryskut-kosstilis en -skrywer. Haar en haar gesin se reis met diabetes het in 2008 begin to hul seun Luca (toe 8), met tipe 1-diabetes gediagnoseer is.

Lees meer

Die Kasteel: ‘n Komedie vir konings

08 November 2017

Die Kasteel word voor ‘n gehoor verfilm en jy het die kans om deel te neem. Hierdie skreeusnaakse klug word nog tot in Januarie opgeneem ...

Lees meer

Die generasie wat fluister maar gehoor wil word

02 November 2017

Hulle wil gehoor word ... Vandag se tieners wil gehoor word. Ek sien dit daar waar ek met hulle werk, hetsy as leiers, atlete of kultuurtiere. Hulle het opinies, emosies, vrae, onsekerhede, antwoorde, idees en heerlike opmerkings wat hulle met vrymoedigheid deel. Totdat iemand sê “nee” of “maar”.

Lees meer

‘n Dertig jaar lange loopbaan – sonderling ... uniek, talentvol = Nataniël

28 Oktober 2017

Nataniël doen alles wat hy aanpak met oorgawe. Sy sukses getuig van harde werk en die vermoë om geleenthede raak te sien. Alita Steenkamp vertel die storie agter die storie.

Lees meer

Marlene le Roux: ‘n Lewe na polio

25 Oktober 2017

Is daar ’n lewe na polio? Belinda Jackson (die Burger) gesels met ’n bekende figuur in Kaapse teaterkringe en ’n polio-oorwinnaar, dr. Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Kunstekaap, oor haar polio-reis van geboorte af. Sy is ook ‘n Beskermvrou vir Afrikaans. Dit was wêreld poliodag op 24 Oktober.

Lees meer

“Afrikaans is ...”

23 Oktober 2017

Smôrens vroeg is die vriendelike stem van Heindrich Wyngaard een van dié wat die nuus en gebeure van die dag vir ons in Afrikaans bring. Heindrich is een van die aanbieders van Monitor, ’n vroegoggend nuusprogram op RSG.

Lees meer

In memoriam: Ryk Hattingh

13 Oktober 2017

Die Afrikaanse boekewêreld was stil geskok toe dit bekend geword het dat Ryk Hattingh (60), die skrywer wat skaars tien dae tevore bekroon is met die gesogte KykNET/Rapportprys vir Huilboek, die roman waarmee hy ʼn skryfstilte van 19 jaar verbreek het, onverwags aan ʼn hartaanval gesterf het.

Lees meer

Sandra is wêreldgehalte

21 September 2017

Sandra Prinsloo se onvergeetlike bydrae en nalatenskap is ongeëwenaar. Haar betowerende krag op ‘n verhoog slaan keer op keer ‘n mens se asem weg. Haar talent bekoor gehore al dekades lank.

Lees meer

Ons stories

06 Augustus 2017

Ons stories

Lees meer

TT Cloete – ons onthou ‘n briljante digter en fyn waarnemer

31 Julie 2017

Op 29 Julie 2015 is die tweemalige Hertzogprys-wenner, T.T. Cloete, toe reeds 91-jaar oud, aan natuurlike oorsake in ’n privaathospitaal in Potchefstroom oorlede.

Lees meer

Trek jou been, 3-in-1!

27 Julie 2017

Drie Afrikaanse komediante uit drie generasies op een verhoog in ʼn unieke kombinasie van skerpskerts en improvisasie.

Lees meer

Só ry die trein ... die luuksheid wat geld nie kan koop nie – Gielie Hoffmann

24 Julie 2017

Vir lank was ‘n rit op die Rovos Rail op my wenslys. Niks verpersoonlik die uitdrukking “die reis is die bestemming” meer as ‘n rit op ‘n trein nie.

Lees meer

Herleef Boerneef

18 Julie 2017

Dis vanjaar presies 50 jaar na Boerneef se dood. Hy het in 1968, ’n jaar na sy dood, die Hertzogprys vir sy oeuvre postuum ontvang.

Lees meer

Lekkerlees Boekrak word 10!

06 Julie 2017

Drie boeke, drie radiodramas en ʼn virtuele leeskring met 7 500 lede wat Afrikaanse boeke bevorder, wil gedoen wees. Dis presies waarmee Marion Erskine, skrywer en stigter van die Lekkerlees Boekrak op Facebook, kan spog. Ilse Salzwedel gesels met hom oor boekedrome wat waar word.

Lees meer

Die Boekklub 2 – Splinternuwe stories wat wag om vertel te word

01 Julie 2017

: Die lang wag is amper verby. Op 11 Julie kan jy regskuif voor die TV, wanneer Die Boekklub 2 op KykNET begin. Ons vertel jou meer oor hierdie wenresep ... en waarom die reeks so gewild is en deur sommiges as die perfekte televisiereeks beskou word.

Lees meer

Kry reuse afslag op sekere Afrikaanse boeke by LAPA

26 Junie 2017

LAPA Uitgewers het ‘n heerlike vars en vernuwende aanslag met hul nuusbrief. Dit vertel jou nie net van die reuse afslae op boeke nie, maar bied ook ‘n heerlike verskeidenheid leesstof vir oud en jonk – spesiaal met die oog op die wintervakansie wat binnekort begin.

Lees meer

'Vat jou hele hart' ... Nege jaar in China word 'n reis na binne

26 Junie 2017

Elkarien Fourie en haar man Tienie is albei gewese joernaliste wat al in verskeie lande gewoon het. Haar onlangse boek, Vat jou hele hart, vertel die verhaal van hul nege jaar in China. Sy het met Ilse Salzwedel gesels.

Lees meer

Die ATKV laat Afrikaans gebeur.

23 Junie 2017

’n Nuwe era het vir die ATKV aangebreek met Deidre Le Hanie wat op 1 Junie vanjaar as besturende direkteur ATKV-groep die leisels by Japie Gouws oorgeneem het.

Lees meer

Johnny Clegg in Afrikaans...

19 Junie 2017

Johnny Clegg is een van Suid-Afrika se mees gevierde sangers, liedjieskrywers en dansers en sy vurige, lewendige vertonings en musiek is alombekend.

Lees meer

Semoér se skrywer se stem nou stil

12 Junie 2017

Hy sal sy groot vriend van die laaste meer as dertig jaar altyd onthou vir veral twee goed: sy kennis van die skryfkuns en sy sin vir humor, het prof. Hans du Plessis, bekende skrywer en akademikus, aan Ilse Salzwedel vertel.

Lees meer

Hy sit die taalgenot in Taalgenoot - Johan Jack Smith

12 Mei 2017

Dink. Kuns. Debatteer. Musiek. Literatuur. Mense. Lewe.

Lees meer

Welverdiend ... Doktor Marlene!

05 April 2017

Jou houding in die lewe sal bepaal hoe mense jou sien.

Lees meer

Suksesstorie - Clare Wiese

26 Maart 2017

Clare Wiese

Lees meer

Elke foto vertel ‘n storie

16 Januarie 2017

#myAfrikaans …

Lees meer

Lundi se lekker liedjiekeuse

10 Januarie 2017

Dans in Afrikaans

Lees meer