Taalpret

Hier kan jy Afrikaans vier en verken. Dis ‘n plek waar jy jou wortels kan vind of net lekker kan bak in haar son, jouself kan uitleef en uitdruk. Die Afrikaanse landskap het plek vir die Afrikaanse taalfamilie – hetsy naby, verlangs of terloops … dit is ‘n heerlike avontuurtog die toekoms in met baie pret langs die pad! Toets jou kennis op ons Trivia-blad, stuur jou woorde in … ons omskep dit dalk in ‘n kaartjie, praat vir ‘n dag NET Afrikaans of speel saam … die kopkrappers toets jou taalvernuf. Klik hieronder.

Trivia

Toets jou kennis

Kopkrappers

Krap bietjie kop

Liedjietrivia

Kan jy raai watter lirieke word uitgebeeld

VivA se Varsgebek-inisiatief …

… verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie.

Woord van die week

Kyk hier vir die woord/idioom van die week verskaf deur die WAT.

Praat vir ‘n dag NET Afrikaans!

Probeer om ‘n dag lank jou Engelse woorde met regte Afrikaans te vervang.

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!