Oorsprong

Reis saam met ons op die spoor van Afrikaans – vanaf haar ontstaan in ongenaakbare omstandighede as omgangstaal tot vandag.

Nelson Mandela tydens ‘n besoek aan die ATKV in 1995

“Afrikaans is ‘n taal wat uit die bodem van Suid-Afrika gegroei en ontwikkel het, gevoed deur die verskeidenheid van tale en kulture in ons land, gewortel in die soeke na eie identiteit en vryheid. Sy krag en hoop op die toekoms was nog nooit spesiale bevoorregting nie, maar as een van die tale van Suid-Afrika wat skouer aan skouer tesame met ander tale met respek en gelyke regte die toekoms tegemoet moet gaan.”