Tien skole spog met Afrikaans op hul mure!

26 Maart 2017

 

Augsburg Landbougimnasium    Dalweide Primêr     Groenberg Sekondêre Skool    Eros Spesiale Skool vir Gestremdes    Graafwater Hoërskool    Irista Primêre skool

Kathleen Murray Primêr   Paarl Vaardigheidskool    Parkfields Laerskool     Ravensmead Sekondêr    

Afrikaans.com se muurprojek by skole inspireer

Afrikaans is die taal van al sy sprekers. Tog het nie almal in alle gemeenskappe ewe veel toegang tot die viering van hul taal nie. By Afrikaans.com glo ons dat inspirasie tot aspirasie lei en my identiteit van wie ek is en hoe ek myself uitdruk, ’n trots en eiewaarde skep. Daarom het ons ook vanjaar baie spesifieke gemeenskapsprojekte waardeur ons veral skoolleerders deur visuele muurprojekte wil inspireer.

Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en positiewe van Afrikaans in skoolverband uit te lig.

Wat behels die muurkunsprojek?

Kyk die dokumentêr

#droomgroot

 

Die Afrikaans.com-span gaan een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media aktiveer. Hoërskoolleerders sal aangemoedig word om met die hutsmerk #droomgroot, op sosiale media deel te neem en op kreatiewe maniere en deur gebruik te maak van selfies en video’s, hulle drome en talente voor die muurskildery met ons te deel, en Afrikaans.com verskaf lekker pryse. By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig.

Die doel van die muurskilderye is om die skoolomgewing mooi en inspirerend te maak en kinders se verbeelding vlerke te gee en hulle sodoende aan te moedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik.

Groenberg Sekondêre Skool … jong mense met groot talent

Grabouw het onlangs behoorlik gegons van opwinding toe die Afrikaans.com-span op 15 en 16 Oktober met verf en kwas die buiteklasmure van die Groenberg Sekondêre Skool in kleurvolle mure van aspirasie, inspirasie en groot drome omskep het en so ’n unieke merk gelaat het wat nog lank sal inspireer.

Die leerders van Groenberg Sekondêre Skool het tereg trots gestaan vir hul moedertaal Afrikaans en ook gespog met die vele talente van hul skool en gemeenskap.

“Ons splinternuwe muur bevorder kreatiwiteit ... EN spelling! Die kreatiwiteit spoel deur na die hele gemeenskap. Ons hele area word hierdeur verfraai.” – Juffrou Veronique Africa van Groenberg Sekondêre Skool.

Anoxolo Khonkwana, ‘n graad 11-leerder by die skool, het almal verstom met sy uitstekende monoloog, gevolg deur die talentvolle hip-hop-danser Bradley Josephs. Laaste maar nie die minste nie, was die wenner van die “Overberg’s got talent”-kompetisie, Groenberg Sekondêr se eie Marcellino Swarts. Deel van sy wenprys was ‘n optrede saam met Karin Kortje, die 2005 “SA Idols”-wenner en ook afkomstig van die pragtige dorp Grabouw. Marcellino glo dat dit uithouvermoë en baie harde werk verg om aan te hou droom en ander te inspireer om in hul drome te glo. Die leerders is deel van die Rural Arts Network-program.

Anoxolo Khonkwana, ‘n graad 11-leerder doen ‘n monoloog.

“Die Afrikaans.com-muur bring ‘n gevoel van eenheid, hoop en motiveer ons om ons omgewing mooi te hou en beklemtoon die een saambindende faktor: ons taal!" – Betsie Ryke, bestuurshoof RAN.

Rural Arts Network – RAN - is ’n nieregeringsorganisasie en deel van die groot trots van Grabouw waar hulle leerders in plattelandse gemeenskappe deur middel van die kunste inspireer om groot te droom. RAN bestaan uit ’n netwerk van ervare en toegewyde kunsfasiliteerders en onderwysers wat glo in die waarde wat die kunste kan toevoeg aan die lewens van minderbevoorregtes. Hulle onderrig meer as 1 000 leerders van verskeie skole in drama, dans, visuele kuns en musiek. Reagan Diedericks wat ten nouste betrokke is by die ontwikkeling van jongmense se talente in Grabouw se dankie lui soos volg: “Ja, die anner Afrikaanse skole het natuurlik geflip oor ons muur wat in verstaanbare Afrikaans met ons kinders en ouers praat. Dit is vir almal ‘n ‘oogoopmaker’, veral ook vir andertaliges – Afrikaans het nou mondig geword! Die kinders loop in die gange en skree trots van die woorde soos ‘n kreet ... en almal neem selfies by die muur ... wonderlik!”

Bradley Josephs by die muurprojek

Marcellino Swarts by die muurprojek

Die marimbaspelers van Groenberg Sekondêre Skool.

Betsie Ryke, bestuurshoof van RAN saam met Reagan Diedericks.

 

Die Afrikaans.com-span hard aan die werk!

Die Kunstekaap neem elke jaar die teater na die mense met hul opwindende Kunstreffers Uitreikprogram. Hierdeur stel hulle veral die plattelandse kinders bloot aan die kunste en teater … kinders wie se omstandighede hulle skaars sou toelaat om die teater te kan besoek.

Die missie van Kunstekaap is nie net om liefde vir die teater en kunste aan te kweek nie, maar ook die bevordering van ons inheemse tale. Afrikaans.com het op 17 Oktober 2017 kragte saamgespan met Kunstekaap en die uireikprogram na die Overberg geneem vir ‘n onvergeetlike belewenis.

Kathleen Murray Primêr se muur inspireer

Terwyl die Kunstekaap tegniese span die binnekant van die skoolsaal van Kathleen Murray Primêr verander het in ‘n betowerende teater het die Afrikaans.com-span die buitemuur getransformeer tot ‘n muur van inspirasie. Die muurskildery herinner al die leerders en die hele gemeenskap van die Overberg dat hulle trots kan wees op hul gemeenskap, hul moedertaal en hul unieke identiteit.

””
””
””
””
””

Weereens beklemtoon ons dat elke suksesstorie met ‘n droom begin … en moedig ons die kinders met ons #droomgroot-tema aan om groot te droom.

Meer as 3 000 skoolleerders kon die kunste beleef en kon droom om self eendag die kunste te betree. Kinders het in verwondering en afwagting gestaan soos wat die muurskildery voor hul oë ontvou het - 'n unieke herinnering aan die dag toe die Kunstekaap hulle laat beleef het hoe dit is om groot te droom!

 

Kunstekaap help bou aan die toekoms.

“'Neem uit die verlede wat goed is en bou daarop jou toekoms' – ‘n bekende aanhaling met die klem op die woord bou. Gekonfronteer deur ‘n verdeelde verlede is Kunstekaap se fokus die bou van ‘n toekoms vir die jeug op fondamente van gelykheid en volle menswaardigheid. Afrikaans help bou aan die toekoms." – Marlene van Niekerk (hoof uitvoerende beampte – Kunstekaap)

Kunstekaap is verbind tot die ontwikkeling en uitbou van produksies spesifiek vir die nuwe, jonger gehore. Die gebruik van intydse subtitels oorbrug taalverskille en bevorder ‘n beter begrip van kulturele bewussyn.

  • Die Kunstekaap Teater bied al vir meer as 15 jaar verhoogproduksies van voorgeskrewe werke vir leerlinge in die Teater en Arena aan. Dit is onder meer ‘n inisiatief en vennootskap met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waar die verhoog, as deel van die kurrikulum, na graad 12-leerders gebring word. Daar word jaarliks met die onderskeie vakhoofde van al agt distrikte regdeur die Wes-Kaap geskakel rakende die behoeftes en beplanning van die verlangde voorgeskrewe werke wat opgevoer word. Nagenoeg 25 000 leerders het gedurende 2016 die geleentheid gekry om hul voorgeskewe werke, opgevoer deur professionele kunstenaars, te sien.
  • Altesame 3200 laer- en hoërskoolleerders van meer as 113 Wes-Kaapse skole het gedurende Augustus 2016 aan die Kunstekaap Skolekunstefees deelgeneem. Die Skolekunstefees speel ‘n sentrale rol tot nasiebou en sosiale samehang. Dit bied leerders die geleentheid om hul talent, in die vorm van musiek, vers of dans, op 'n professionele verhoog te vertoon.
  • Die jaarlikse Hoërskool Dramafees word gekoördineer deur Kunstekaap se skole-skakeleenheid, met finansiering van die HCI Stigting en Die Burger as mediaborg. (2016)
  • Die doel van die fees is die bevordering van sosiale kohesie, goeie burgerskap en bemagtiging deur die kunste. Vyf-en-sewentig skole met ongeveer 1 500 hoërskoolleerders het gedurende 2016 aan die dramafees deelgeneem.
     
””
””

 

 

Paarl Vaardigheidskool se hart klop in Afrikaans

“Hier laat hulle nie op hulle wag nie ... hier maak hulle dinge gebeur!” So het René Arendse, projekkoördineerder van Afrikaans.com in die Wes-Kaap, tydens die opwindende muurskildery-onthulling op Vrydag, 8 September by Paarl Vaardigheidskool gesê.

Die muuronthullingsgeleentheid was vol opwinding, inspirasie en spoggerige talente en dit was baie duidelik dat almal by die skool trots is om Afrikaans te wees!

Afrikaans.com se muurskildery by geselekteerde skole in die Wes-Kaap herinner leerders, onderwysers en die gemeenskap om trots te wees op hulle skool, gemeenskap, hul unieke identiteit en Afrikaans as ons moedertaal. Die muurskildery se positiewe impak reik ook verder as om net Afrikaans te praat … dit maak ons trots op die uniekheid van ons kultuur.

Die Jaloersbokkies het die leerders vermaak met hul eg Kaapse liedjies en vertel die verhaal van Afrikaans in al sy kleure. Hulle is so eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en die winterreën. Die leerders van Paarl Vaardigheidskool het ook glad nie teruggestaan met hulle talente nie. Hulle sangers, rieldansers en Afrikaanse voordrag was van die hoogste gehalte.

Gasspreker, Haidee Muller van RSG, het die leerders geïnspireer om te droom en nie terug te staan vir uitdagings nie. Elke suksesstorie begin met ‘n droom … maar dit kos harde werk, het sy beklemtoon.

Mnr. Matiwani en sy personeel het Afrikaans.com met ope arms verwelkom en ons is trots om Paarl Vaardigheidskool deel te maak van ons unieke projek in die Wes-Kaap!

Jaloersbokkies by die muurprojek

'n Leerder #droomgroot by die muurprojek

René Arendse saam met van die leerders

Die Afrikaans.com span saam met van die leerders

Afrikaans.com muurprojek − welgedaan!

 

Eros Spesiale Skool vir Gestremdes is trots Afrikaans

“Niks staan in hulle pad nie ... hier is hulle trots om Afrikaans te praat.” Dit was die woorde van René Arendse, projekkoördineerder van Afrikaans.com in die Wes-Kaap, tydens die opwindende muurskildery-onthulling op Vrydag, 8 September by Eros Spesiale Skool vir Gestremdes in Athlone.

Die hele skoolsaal se hande skiet op in reaksie op die vraag: “Wie se mammas en pappas , oumas en oupas praat Afrikaans by die huis?” Weer eens ’n bewys dat Afrikaans tog so ‘n onmisbare deel van ons kultuur is.

Afrikaans.com wil deur die muurskildery leerders, personeel en gemeenskap herinner dat ons trots kan wees op ons moedertaal en dat alle sukses begin met ‘n droom.

Die Jaloersbokkies het die leerders vermaak met hul eg Kaapse liedjies en vertel die verhaal van Afrikaans in al sy kleure. Hulle is so eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en die winterreën.

Die hoogtepunt van die program was beslis die items wat deur die leerders van Eros gelewer is. Hulle het met trots Afrikaans voorgedra en selfs gekletsrym. Die lirieke hiervoor is deur een van die leerders geskryf.

Eros-leerders en hul toegewyde personeel maak ’n mens opnuut trots om Afrikaans te wees!

Die werkspan - Jessica Wright, Rene Arendse & Gina Lodewijks

Afrikaans.com muurskildery aangebring by die ingang waar leerders elke dag herinner sal word aan hul moedertaal, trots vir hul skool en om groot te droom

Afrikaans onderwysers van die Grondslagfase ontvang boeke van afrikaans.com

Dr. Esme McClinton-Rose doen die opening en verwelkoming

Dr. Esme McClinton-Rose #droomgroot

Tasneem September, klas assistant van Eros skool vir gestremdes, ontvang boekeprys

Fabian September in Graad 5 maak gereed vir sy kletsrym item

Graad 4 & 5 leerders spog by hul muur

 
 

 

Dalweide Primêr

Dalweide Primêr vier hul moedertaal saam met Afrikaans.com

Dalweide Primêr-leerders saam met die skoolhoof, mnr. Chris Bam en sy bestuurspan, René Arendse (projekkoordineerder van die muurkunsprojek) en mev. Ernusta Maralack van Kuier-tydskrif voor die kleurvolle Afrikaans.com-muur.

 “Afrikaans.com se opwindende muurskildery-onthulling by Dalweide Primêr in die Paarl het op 4 Augustus plaasgevind. In vennootskap met Kuier-tydskrif het Afrikaans.com die leerders van Dalweide Primêr geïnspireer om trots te wees op hul skool, gemeenskap en veral hul moedertaal Afrikaans. Mev. Ernusta Maralack van Kuier het beklemtoon dat lees en skryf belangrik is vir leerders om hul drome te vervul. HemelBesem het leerders herinner dat Afrikaans “cool” is. Op die vraag wat hulle sal onthou wanneer hulle die muurskildery sien, het die leerders gesê: ” ... dat elke suksesstorie met ‘n droom begin ...” Met ‘n skoolhoof soos mnr Chris Bam en natuurlik sy dinamiese bestuurspan, voorsien ons by Afrikaans.com groot suksesstories en vervulde drome vorentoe by die skool!

Mnr. Chris Bam, skoolhoof, saam met Simon Witbooi (HemelBesem)

Dalweide muuronthulling.

 
 

Ravensmead Sekondêr

Ravensmead Sekondêr - Elke suksesstorie begin met ‘n droom!

“Afrikaans.com vier die diversiteit en uniekheid van Afrikaans. Die feit dat Afrikaans in elke provinsie anders klink, is juis die lekker van Afrikaans…” Dit was die woorde van René Arendse, projekkoördineerder van Afrikaans.com in die Wes-Kaap, tydens die opwindende muurskildery-onthulling op Vrydag, 4 Augustus by Ravensmead Sekondêr. Ravensmead Sekondêr is die eerste hoërskool in die Kaapse Vlakte om die #droomgroot-muurskildery te ontvang.

Afrikaans.com se muurskildery, in samewerking met FEDSAS (Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) is met ‘n spoggerige geleentheid onthul. Die gasspreker was dr. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust. Die visie van Afrikaans.com is om leerders te inspireer om groot te droom en trots te wees op hul unieke identiteit en hul moedertaal Afrikaans. Die muurskildery spog met die lekker van ons unieke diversiteit binne die Wes-Kaap.

Die Jaloersbokkies met Nadine Blom en Jawaahier Petersen was ‘n ware weerspieëling van Kaapse kultuur met Afrikaanse liedjies wat so na aan ons harte lê. Die leerders van Ravensmead het ook glad nie teruggestaan met hul talente nie. Hulle skoolkoor, rieldansers en Afrikaanse voordrag was van die hoogste gehalte.

Afrikaans.com is trots om sigbaar te wees in die Kaapse Vlakte met sy unieke uitdagings! Deur die muurskildery herinner Afrikaans.com die leerders en gemeenskap van Ravensmead dat elke suksesstorie begin met ‘n droom!

Ravensmead Sekondêr muuronthulling. 

Die Jaloersbokkies het die Kaapse kultuur met hulle Afrikaanse liedjies laat lewe. Hier van links na regs: Jawaahier Petersen, Rene Arendse (projekkoördineerder: Afrikaans.com-muurkunsprojek in die Wes-Kaap) en Nadine Blom.

Die muuronthulling by Ravensmead Sekondêr was een groot lekkerte. Hier van links na regs: Milanie Vosloo (besturende direkteur, Uppe Marketing & PR en projekbestuurder: Veldtog Afrikaans), Danie van Wyk (FEDSAS), Jawaahier Petersen (Jaloersbokkies), die gasspreker, dr. Theuns Eloff (voorsitter, Dagbreek Trust), Nadine Blom (Jaloersbokkies) en Ria Olivier (Afrikaanse Taalraad).

 
 

Irista Primêre Skool in Kuilsrivier en Parkfields Laerskool, Hanoverpark

“Die Afrikaans.com-muur is vir ons ’n groot eer. Jul pragtige muurskildery op ons skool se muur is ’n duidelike teken dat die bevordering van Afrikaans by ons ’n eerste prioriteit is ... ons weet hierdie geskiedkundige gebeurtenis het sommer ons leerders se liefde vir Afrikaans versterk en hulle opnuut laat besef dat Afrikaans ’n pragtige taal is ...”

– uittreksel uit briefie van Irista Primêr na muuronthulling.

Op 2 Junie was daar ’n tasbare opgewondenheid in die lug toe die jongste muuronthullings by nog twee laerskole in die Wes-Kaap plaasgevind het. Weereens het die Afrikaans.com-span hulself oortref en op hul unieke en kreatiewe manier kleur aan voorheen “kaal” mure verleen. Hierdie kleurvolle muurskilderye maak nie net die skoolomgewing mooi nie, maar dra ook by om die leerders se verbeeldings aan te moedig en ’n liefde vir lees te kweek. Gasspreker was dr. Jaco Deacon, uitvoerende adjunkhoof van FEDSAS. Die onthullings is onder andere ook bygewoon deur Michael Jonas, hoofbestuurder van die Afrkaanse Taalmonument in die Paarl, verteenwoordigers van die ATKV, Vriende van Afrikaans, verteenwoordigers van die universiteite van die Wes-Kaap en Stellenbosch asook Fiona van Kerwel van Woorde Open Wêrelde. Gaskunstenaar was die immergewilde rymkletser HemelBesem wat tot groot vermaak van die kinders, vertel het dat hy nog in Afrikaans slae gekry het.

“Die Kaapse Vlakte droom groot saam met Afrikaans.com.”

– René Arendse, projekleier en Ambassadeur vir Afrikaans.

Irista Primêre skool

Juffrou Adams en René Arendse saam met die graad 2-klas wat pas hulle afrikaans.com-boeksakkies ontvang het.

Conrad Steenkamp (ATR), Jaco Deacon (FEDSAS) en Danie van Wyk (FEDSAS) saam met verteenwoordigers van plaaslike skole en universiteite.

HemelBesem rymklets saam met Selklyn August.

Reinette Lucas en Cleo Smith voor hulle amper-klaar muur.

 

Jaco Deacon (FEDSAS), HemelBesem en Danie van Wyk (FEDSAS).

Irista-dansgroep vermaak hulle maats gedurende die onthullingsgeleentheid.

Laerskool Parkfields

Fagan Davids, Ebrahim Krock en Diego McKray is opgewonde oor hulle nuwe muur by Parkfields Laerskool.

Ebrahim Boer rymklets saam met HemelBesem.

Parkfields se lyndansgroep is reg vir hulle optrede.

Graad 4A se perkussie-band maak musiek op hul selfgemaakte instrumente.

Eric van der Byl, gr. 7- Afrikaans-onderwyser en 'n Ambassadeur vir Afrikaans!

Keayan Lambert, trotse graad 2-Parkfielder voor sy skool  se nuwe muur.

 
 

'n Droom word gebore...

Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam

Die begin van 'n groter prentjie...

Ons kunstenaars kleur drome in...

Die eindproduk...

Die video...

Leerders pryk voor hul nuwe muur en deel hul drome … in Afrikaans.

Die Nuwe Graskoue Trappers kom uit dié geweste!

Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam

Kinders van die Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam het die proses nuuskierig-opgewonde dopgehou terwyl elke laag verf die prentjie vorm. Die Afrikaans.com-Augsburgmuur is Woensdag, 29 Maart bekendgestel en genooide plaaslike talent het die dag nog verder opgehelder.

Die plaaslike groep Rieldansers - die Nuwe Graskoue Trappers, onder leiding van Floris Smith, is al drie jaar die onoorwinlike wenners van die ATKV-Junior Rieldanskompetisie. Hierdie is ‘n wêreldklas dansgroep het onlangs weggeloop met goue medaljes in Los Angeles by die Wêreldkampioenskap. Die groep bestaan uit skoolgaande leerders van Clanwilliam, Graafwater en Wupperthal.

Die blinkoog Graad 3-leerders is behoorlik geïnspireer deur hul storie ... “enigiemand kan uitstyg bo omstandighede en deur harde werk drome laat waar word!” Die kinders kon self spog met hul talente en het liedjies gesing en gedigte voorgedra.

Die boodskap: “As ek groot droom en hard werk kan ek enigiets doen!”

 

Die Afrikaans.com muurkuns vertel ‘n storie. “Wees trots oor hoe JOU Afirkaans klink”, en onthou, JY is die hoofkarakter van jou eie storie!

 

Hoërskool Graafwater

Hoërskool Graafwater se Afrikaans.com-muur is Vrydag, 31 Maart oorhandig tydens ‘n heerlike konsert en ‘n program vol vermaak. Die leerders is uitgedaag om oorspronklike gedigte voor te dra, hul eie liedjies te sing en te kletsrym. Die Graad 11 en 12 hip-hopdansgroep het die afwagting voor die onthulling opwindend, kreatief en vol pret laat verloop.

Elke suksesstorie begin met ’n droom ...

Die tema is aangepas vir ‘n ander ouderdomsgroep. Leerders is bekendgestel aan die sosiale mediaveldtog en ’n kompetisie word, sodra die nuwe termyn begin, afgeskop. Leerders kry dan die kans om hul drome, verwagtinge en talente in hul eie Afrikaans, voor die muur te deel. Hulle word aangemoedig om die #droomgroot te gebruik, foto’s en video’s te deel en die boodskap soos ‘n veldbrand te laat versprei: “Ons geniet ons eie Afrikaans met passie en oorgawe.”

Die kleurryke muur is versier met raakvatwoorde uit die streek soos: flaterwater, laaitie, ja’nee, heita en daaikanniewiesie om lesers aan te moedig om Afrikaans in al sy vorme te vier en te verken. ‘Hoe lyk JOU Afrikaans?’- het behoorlik weerklink oor die speelgrond soos wat jongmense mekaar begin uitdaag op soek na hul eie antwoord op die vraag.

Verandering vat tyd...

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Die afrikaans.com span – hard aan die werk …

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Dié plaaslike barmhartige samaritane, Albert Geldenhuys (ook bekend as “Oupa”) en “Rasta-Man” bring verligting met koeldrank en ‘n sambreel…

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Die onthullingsdag is hier!

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

 

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Pa en seun, Jaco en Clarence Strauss, vermaak leerders met klawerbord en saxofoon.

Graafwater-Muurprojek

Drie toppresteerders van Hoërskool Graafwater, Robin Brandt, Nicole Joubert en Leonelle Adamz -ontvang die Afrikaans.com
t-hemde vir hul entoesiastiese deelname tydens die dag se program.

Graafwater-Muurprojek

Graad 12- leerder, Maria Pekeur, dra ’n gedig van Adam Small voor.

Afrikaans.com muurprojek - Maria Pekeur.
Kyk hier...

Cindy Strauss, Graad-12 leerder wys haar digterlike kant ... hier dra sy een van haar gunsteling gedigte voor.

Hoërskool Graafwater, Graad 12 leerder, Nicole Hector, lewer “What abo’ de lô?” deur Adam Small.

Kletsrymers

Graafwater-Muurprojek

Ethan Johnson en Peter Julies vermaak hul maats met een van hul eie skeppings.

Pronkwerk

Graafwater-Muurprojek

Elmarie Wright en René Arendse, deel van die Afrikaans.com-span voor die muur. Hoërskool Graafwater se drie top-presteerders in Afrikaans pronk saam. Leerders van links: Robin Brandt, Nicole Joubert en Leonelle Adamz.

Die eindproduk!

Graafwater-Muurprojek