FAK-toekennings 2017 - ‘n dankbaarheidsgebaar

05 November 2017

Vanjaar se FAK prestige-toekennings is op 31 Oktober by die NG-kerk Lyttelton tydens ‘n luisterryke geleentheid oorhandig. Die betekenisvolle datum was ook die herdenking van die reformasie wat 500 jaar gelede deur Martin Luther begin is. Hy het sy 95 stellings op 31 Oktober 1517 teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Luther was die grondlegger van Protestantse Hervorming in die Christendom.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK het hierdie toekennings in verband gebring met hierdie viering. “Die vestiging van identiteit en die viering daarvan veral deur taal is die verband.” Luther se vertaling van die Bybel, in die Duitse spreektaal het dit toegankliker gemaak en het ‘n enorme invloed op die laat Middeleeuse en vroeë moderne samelewing gehad. Dit het gelei tot ‘n standaardweergawe van Duits. Langner sê Luther het ‘n nuwe wêreld deur woorde oopgemaak en dat vanjaar se bekroondes, deur woorde, in Afrikaans, inhoud en betekenis gee aan identiteit – en dat elkeen wat vanjaar ‘n toekenning ontvang met verantwoordelikheid antwoorde soek en verantwoordbaar omgaan met die uitdagings en ‘n enorme bydrae lewer. “Dit is dankbaarheidstoekennings waardeur ons hierdie belangrike bydraes erken.”

FAK prestige-toekenning vir uitnemende leierskap

“ … mense moet mekaar se kulture respekteer met benadering van wedersydse erkenning en respek.” – Mnr. Flip Buys

Lees meer oor Flip Buys ...

FAK se NP van Wyk Louw-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse taal en -kultuur

"Wat van ons taal sal word … in die woorde van NP van Wyk Louw … kan jy praat nie, behalwe met hartstogtelike verlange … daardie hartstogtelike verlange is die beginpunt van waardeskatting …” – Dr. Abraham de Vries

Lees meer oor Braam de Vries ...

FAK HB en MJ Thorn Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding

"… taal is te lank gesien as net 'n instrument vir kommunikasie. Dit is baie meer … dit is waar ons kultuur en ons waardes en ons liefde … ons woon en werk uitgeleef word. Wanneer daar 'n bedreiging is, is daar aksie …” – Prof. Irma Eloff

Lees meer oor Irma Eloff ...

FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans in die media

"… hoe meer stemme ons hoor hoe meer gaan die diamant blink … poets al die vlakke. As jy net die een vlak poets … net die een wat jy ken, gaan dit nooit werklik skitter nie …” – Johanna van Eeden

Lees meer oor Johanna van Eeden ...