Woordfees

16 November 2016

Die Woordfees

Saartjie Botha, feesdirekteur van die Stellenbosch Universiteit Woordfees, deel 2016 se hoogtepunte. Skrywers, digters, teatermense, kunstenaars en fotograwe kom elke jaar vanuit alle hoeke van die land en selfs buiteland in Stellenbosch bymekaar om by die Woordfees die magiese wêreld van die boek, die teater en visuele kunste te ontsluit. Die program word elke jaar so saamgestel dat dit ’n diverse gemeenskap bedien. Die Woordfees is as’t ware ’n mekka vir ywerige lesers wat jaarliks hierheen stroom omdat daar soveel geleenthede is om met skrywers te gesels en aan boekgesprekke deel te neem.www.woordfees.co.za

Geskiedenis van die Woordfees ...