KKNK

16 November 2016

Die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK)

Die KKNK kan met reg spog dat hierdie fees ’n viering van die kunste is. Oudtshoorn in die skilderagtige Klein-Karoo, bied die ideale agtergronddoek vir hierdie feesviering en verwelkom feesgangers en kunstenaars met oorgawe. Kunstekraaie, boekwurms, smulpape, teatertoegewydes, musiekmalles en diskoersdolles kry elke jaar by die KKNK die geleentheid om te kies en te keur uit ’n wye verskeidenheid onvergeetlike produksies. Een ding wat hierdie fees elke jaar regkry, is om gehalte klassieke en kontemporêre werke deur internasionale en plaaslike toneelskrywers op die planke te bring.

Geskiedenis van die KKNK ...