Kry reuse afslag op sekere Afrikaanse boeke by LAPA

26 Junie 2017

 

Ons almal weet dat die ekonomie knyp, maar met afslag van tot 50% op sekere boeke wat direk van hulle webwerf af bestel word, kan jy dit steeds bekostig om boeke te koop. En boonop maak die webwerf dit ook vir mense in die platteland en afgeleë plekke moontlik om die heel nuutste Afrikaanse boeke by hul voordeur te kan ontvang.

In die jongste LAPA-nuusbrief is daar ʼn heerlike verskeidenheid leesstof vir oud en jonk, spesiaal met die oog op die wintervakansie wat binnekort begin.

In LAPA se nuwe maandelikse nuusbrief kan jy ook eers uittreksels uit hul heel nuutste publikasies lees, en daar is in elke uitgawe ʼn heerlike gratis resep uit een van hul nuutste kookboeke.

Handwerkliefhebbers kan ook uitsien na ʼn gratis maandelikse patroon of wenk uit een van LAPA se talle handwerkboeke. En daar is ʼn heerlike skrywersonderhoud in elke uitgawe!

Lapa se splinternuwe nuusbrief verras!

Klik hier om vir die nuusbrief in te skryf.

Besoek LAPA Uitgewers en kyk wat is nuut op hul rak.