Willemien& se hartstale.

18 Desember 2017

Twee hartstale/Deux langues de cœur is ‘n projek deur Willemien Rust, Pieter Bezuidenhout, Adelle Nqeto en James Robb. Hierdie projek was ’n uitvloeisel van hulle liefde vir Afrikaans en Frans.

“… Afrikaanssprekendes wat die produksie bywoon, is mense wat mal is oor lees, oor literatuur en gedigte... in die produksie haal ons vir Breyten Breytenbach aan, Antjie Krog, Wilma Stöckenstrom, Ingrid Jonker - en dis meer weldeurdagte lirieke. Dis nie net die heeltyd paarrym nie… dis ‘n bietjie van ‘n ander tipe Afrikaans ... wat die gehoor waardeer...” vertel Willemien.

Adelle Nqeto sê hulle is nie besig om ‘n nuwe genre te skep nie, maar eerder ‘n nis. “Ons almal ken Afri-Frans, maar hierdie is ’n kontemporêre uitkyk op die genre.”

Volgens James moet jongmense van ‘n jong ouderdom af blootgestel word aan verskillende genres van musiek.

Vir meer oor die projek kyk hier. 

Pieter Cloete het met Willemien, James en Adelle gesels oor hulle nuwe klank in Afri-Frans. Kyk hier ...

 

Klik hier vir nog ...


Kyk ook ...