Vanaf 7 Julie ... Nul is nie niks nie

09 Junie 2017

Die somtotaal van hoop  

 

➢ Vanaf 7 Julie 2017 ... 

Nul is Nie Niks Nie is ’n inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en die volgehoue hoop wat tussen die twee kinders gevind kan word. Die dertienjarige Hoender (Martin) Retief is ‘n hoenderboer wat uitblink in wiskunde. Hy woon in ‘n dooie, plattelandse dorpie en verkoop sy hoenders se eiers as sakgeld. Tannie Hantie, die lewendigste lid van die gemeenskap, ondersteun lojaal Hoender se eierverkope en is ook ‘n oor wat luister wanneer Hoender graag by iemand wil afpak. Hoender word onverwags vriende met die nuwe buurseun, Drikus Ferreira. Drikus ly aan Hodgkins se siekte en sy laaste droom is om ‘n zombiefliek te maak. Hoender, die rissiepit Chris (Hoender se droommeisie) en Drikus vorm vinnig ‘n hegte band. Die filmspannetjie ontsnap saam van hulle daaglikse eentonige lewens en bekommer hulle nie meer oor skoolboelies, Drikus se oorbeskermende ouers en Hoender se kluisenaarma nie. Hoender moet diep delf – om seker te maak Drikus se film word wel voltooi, moet hy opstaan vir dit wat reg is, gaan vir dit wat hy wil hê en nooit opgee in dit wat hy glo nie. Drikus se film red die dooie gemeenskap en blaas weer nuwe lewe in die eens stil en verlate strate. Hoender se familie besef ook dat hulle nie meer in die verlede kan lewe nie. Die tyd om te lewe is nou! “Nul is nie niks nie, dis die middel. Dis halfpad tussen die positiewe en negatiewe getalle. Nul… is nie niks nie.” Gebaseer op Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word (die boek) deur Jaco Jacobs.

 

 

 Lees meer ...

  Vir alles en nog wat oor Afrikaanse flieks besoek Bioskoop.

Nul is nie niks nie Facebookblad.

Laerskool Roodekrans spog met hul eie filmster, die Graad 6-leerder Lehan Kruger. Lees meer ...

Resensies ...